Thursday 22 October 2015

AFRIKANERS VAN DIE SUIDE EN VAN DIE NOORDE.

AFRIKANERS  VAN DIE SUIDE EN DIE VAN DIE NOORDE. Herman Giliomee is reg as hy se dat die Afrikaner van die Noorde en die van die Suide anders is. Hulle lewens-ervarings is so totaal anders. Ons in die Noorde het 'n andersoortige verlede as ons volksgenote in die Suide. Hierdie agtergrondsverskil het ek self beleef. Ek het 'n Anglo-Boereoorlog agtergrond en besluit om op Stellenbosch te gaan swot, dit is nou lank lank gelede. Daar met my aankoms het ek 'n geesgenoot gevind. Hy was wyle Prof. Charles Fensham. Hy het vir my Semietiese Tale gegee. Wat 'n toeganklike Proffie. In die ou Gebou het  hy 'n kantoor gehad so met die houttrappies op. Kyk daar het ek sommer land en sand met hom gepraat oor die wroeging van die Afrikanerstryd. Maar daar was tog 'n verskil. Ons gevoelens oor die Engelse het ietwat ander gele. Sy openheid vir die verskillende standpunte was anders as my rigiede wetsidee-filosofie. Ten spyte hiervan kon ons mekaar vind. Sy klasse was was interessant, want argeologie was vir my in my kraal.  Prof Fensham het so 'n bewondering gehad vir sy Proffie in die VSA, naamlik Allbright. Hy het een volle lesing oor die man se briljantheid aangebied. Later het ek besef watter geweldige rol speel so 'n ster dosent op 'n mens se denke. Fensham kon sy kennis van die geagte heer met ons deel. In my tyd op Teologiese Fakulteit was daar 'n paar dosente wat my laat regop sit het. Hulle was by, al was dit die Angels factory. Hulle was tipies wetenskaplik, krities oor die hele spectrum van die kerk en die lewe heen. Dit was nou 'n voorreg. Al was my Noorde ervaring baie anders as hulle sin.

No comments:

Post a Comment