Wednesday 21 October 2015


EKONOMIESE MODEL: Wat dink julle van ‘n nuwe Ekonomiese model vir SA. Die huidige model gaan mank aan baie gebreke. Ons massa jongmense sit sonder werk. Armoede is nog steeds met ons. Hongersnood is vir baie ‘n werklikheid. Werkloosheid is steeds met ons. Die gaping tussen ryk en armoede is steeds verder uitmekaar.  Miljoene woon in Townships. Ry ‘n slag daar en kyk hoe lyk dit.  Dit is sink en sanitasie gebreke. Blamering help nie. Ek vra vir ‘n Regulatoriese Ekonomie. 80% moet gereguleer word. 20% is vir die Biljoenêrs om verder te wikkel. Hulle sal buitendien 100% maak. Pen die Rand se waarde vas soos wat Sjina met die yuan maak. Druk Rande soos die Dollars en gee kos vir hongermense. Gee vry Universiteitsopleiding. Gee werk, en  vergeet die internasionale waarde van die Rand. Pen Kospryse vas, bou huise vir almal. Dit is vir almal inklusief. Help die Boere, wit en swart. Ons kort ‘n radikale ekomiese ommekeer. Die ou paradigma laat alle mense ontsettend ly.

No comments:

Post a Comment