Thursday 29 October 2015

BELHAR VRA OM DIE WYSIGING VAN NGB ARTIKEL 36.


BELHAR VRA OM DIE WYSIGING VAN NGB ARTIKEL 36.

Die belydenis van Belhar het ‘n bepaalde historiese ontstaan soos trouens elke belydenis sy onstaan het. Geen belydenis-skrif is doseties nie. Maar Belhar het ‘n ekumeniese boodskap wat ter harte geneem behoort te word. Dit is vir SA van toepassing, maar beslis ook wêreldwyd. In elke land in die wêreld is daar ongeregttigheid asook tussen state is daar onregverdige handelinge wat oorloë veroorsaak.  Daarom behoort Artikel 36 van die NGB gewysig te word, sodat al die kerke in watter land hulle ookal mag wees ‘n profetiese toerusting het om teen die owerheid te getuig.

Hieronder is ‘n poging:

Artikel 36 - Die burgerlike owerheid
Ons glo dat ons goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag, konings, vorste en owerhede aangestel het.  Dit is immers sy wil dat die wêreld deur middel van die wette en regerings geregeer moet word, sodat die losbandigheid van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop.

Vir dié doel het Hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom 13:4) en die deugsames te beskerm.

SKRAP: En dit is nie alleen hulle taak om aan die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie, maar ook om die heilige Woordbediening te beskerm om sodoende alle afgodery en valse godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder en orals te laat verkondig, sodat God deur elkeen geëer en gedien word, soos Hy in sy Woord beveel.

Verder is elkeen verplig, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees, om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en onderdanigheid te bewys, hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie, en vir hulle voorbidding te doen dat die Here hulle in al hulle handelinge mag bestuur, "..sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid"(1 Tim 2:2).

BYVOEGING: Verder is die owerheid verplig om dmv reg en geregtigheid te regeer. Alle korrupsie en wanpraktyke te beveg, omdat die regeerders ook mense is wat onderworpe aan die verdorwenheid van sonde is(Rom. 3:12). Derhalwe die belastings wat ge-in word bo verdenking te spandeer as goeie rentmeesters. Om verder toe te sien dat alle wette menslik en vrymaakend is, want almal wat glo is nakomelinge en erfgename van Jesus Christus(3:29). Asook die wat nie glo is nakomelinge van die eerste Adam(Romeine 5:12).    

Verder is die owerheid verplig om in die lig van versoening te regeer, maar ook versoenend interstaatlik te verkeer(2 Kor. 5:20). Derhalwe elke versoenende diplomatiese optrede te kies bo oorloë waardeur onskuldiges gedood of vermink hoef te word nie (Prediker 9:18).    

SKRAP: Hierin verfoei ons die Wederdopers en ander oproerige mense en in die algemeen almal wat die owerheidsgesag en regeerders wil verwerp en die regsorde omver wil stoot, terwyl hulle die gemeenskaplike besit van goedere invoer en die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, versteur.

BRON: http://www.nhka.org/index.php/so-glo-ons-11/ref-belydenisskrifte/nederlandse-geloofsbelydenis.html

No comments:

Post a Comment