Wednesday 21 October 2015

DEPRESSIE:

Prof. Lizette Rabe het gisteraand die spyker op die kop geslaan tydens Kwêla se verslaggewing oor selfdood na aanleiding van Depressie. Dit kom daarop neer: die BREIN IS ‘N ORGAAN. Die Brein is soos ‘n Lewer, ‘n Long, ‘n Hart ens. Soos enige menslike orgaan  disfunksioneel raak, soos suikersiekte, hoë bloeddruk ens so is die Brein onderworpe aan disfunksionaliteit. Depressie is een van die Breinsiektes. Moontlik het ons die oorsake daarvan opgespoor van breinoordragstowwe, maar het ons die kuur om die sinapsis te laat regspring? Stap is goed, Lizette Rabe, se Hoop-aksie, is baie goed. Kom ons praat daaroor, kom ons help mekaar en ondersteun mekaar. Dit is damn veeleisend moet ek toegee, maar dit is die moeite werd.

No comments:

Post a Comment