Thursday 22 October 2015

RUITERWAG se Presidentsraad. Wat ek eintlik wil se, is: Afrikaner kultuurorganisasie is kleurloos, onkreatief en dooilik.  In die 60jare van die vorige eeu sit ek saam met my mede jong Afrikaner Ruiters in 'n Kwekery in Johannesburg. Ons ry nie perde nie, dit is sommer 'n simboliese naam vir 'n Vertroulike organisasie vir die jongklomp. Die organisasie bestaan nie meer nie, want die ou klomp "meesters" het geslaap. Die ou klomp slaap nog en ons sing nou: slaap rustig dapper helde! Die aand in Josi sing ons vrolik en opgewek: Afrikaners landgenote. Die aand sit ons tussen die mooiste plante in die kwekery. Ons is weggesteek, want kyk ons is mos 'n geheime byeenkoms. Die flou geel lig van 'n gloeilampie skyn op die plante. Van die Trojaanse Perde tussen ons sal ek nie nou iets se nie. Die geesdrif loop hoog. Die Admin van die Transvaal is die President en daar is groot afwagting, want die held van die NP, Wennie du Plessis, gaan praat. Wennie het genl. Jan Smuts in 1948 in die Kiesafdeling Standerton verslaan. Ons luister aandagtig en 2 dinge onthou ek: 1. Hy spreek sy twyfel uit of ons beleid van aparte ontwikkeling dit gaan maak teen egalitarisme. Egalitarisme is 'n gelykheidsfilosofie, alles is gelyk, geen poppie in the field nie. Alles is gelyk soos nou op alle gebiede, godsdiens, ras ens. 2. Die verstommende uit sy mond was: julle moet julle nie op die AB, die Broederbond, verlaat nie. Nou kyk ek het die gehoor, maar nie geluister nie en dit nie ter harte geneem nie. Die water is onder die brug deur. QED: Huidiglik, en soos in die verlede,  is Afrikaner Kultuurorganisasies Rip van Winkels. Ek gun die ouens hulle organisasies, maar ou wee denkers en leiers is daar nie meer nie. Was hulle ooit daar?

No comments:

Post a Comment