Wednesday 21 October 2015


Wat sal ons vir die VSA moet sê: sit af jou draadloos. Jy is steurend. Puten is reg. Assad probeer orde skep. George W Busch het soos ‘n cowboy in die wêrld se “saloon” ingestap en geskiet. Hy het korrupte diktators vervang met korrupte demokrate. Die gevolge is nadelig. Oorloë is aan die orde van die dag. Mense ontwortel, onskuldige mense het in oorloë omgekom. Vlugtelinge spoel oor Europa en die res van die aardbol. Al beginsel wat ons prakties kan distiller is: liewer relatiewe orde onder korrupte diktators as chaoties-gevaarlike toestande waarin mense se lewens niks werd onder korrupte demokrate is nie. Die beginsel van Demokrasie is geen hemel op aarde nie. Soos my ou Professor in Politieke wetenskap gesê het; dit is: humanisties individualisties. Seggende: dit is verkeerd. Hy was geen Sosialis nie, maar ‘n Dooyeweerdiaan.

No comments:

Post a Comment