Saturday, 29 October 2016

Maartens vertel meer oor haar Bybelroman

Deur Elretha Britz 27 Oktober 2016 21:56





Talle hedendaagse vroue sal empatie met Hanna van die Bybel hê, die vrou wat nege jaar vir ’n baba gewag het en hom toe boonop moes afgee. “Dit kon nie maklik gewees het nie,” vertel die skrywer Maretha Maartens oor haar nuutste Bybelroman.

Woensdag sal Brenda Myburgh haar oor meer aspekte van dié vrou se lewe pols wanneer Hanna in Bloemfontein bekend gestel word.

Volgens Maartens hou die roman ook lewenswaarhede in vir almal wat nie kry wat hulle wil hê nie. “Hoe hou jy jou geloof te midde van onvervulde begeertes en gebede wat nie verhoor word nie? Hoe het Hanna dit in die Bybelse milieu van die Ou Testament gedoen?”

Antwoorde is nie altyd voor die hand liggend nie, tog kan ’n mens riglyne vind uit die lewe van ander wat reeds deur die meule is.

Maartens sê toe Lux Verbi haar vra om die roman te skryf, het sy juis ’n intensiewe fase oor die Levitiese orde en geslagsregister as deel van haar navorsing vir ’n toeligtingsbybel agter die rug gehad.

Die skriftuurlike grondslag vir Hanna was dus gelê asook ’n kennis van die Steentydperk – hoe die wêreld toe gelyk het en wat in daardie omstandighede plaasgevind het.

Maartens sê in ’n roman moet ’n mens versigtig wees om heiligskennis te pleeg, daarom het sy vir haarself kriteria neergelê wat so ’n “oortreding” verhinder het.

“Ek het niks verander wat God regstreeks gesê het nie. Maar vir Hanna, oor wie net ’n paar feite in die Bybel verskyn, het ek wel ’n geskiedenissie geskep. Ek het byvoorbeeld vir haar ’n ouma en ’n boetie gegee en haar gemoedstoestand uit eie lewenservaring geskets.”

’n Beskrywing van Hanna se huis het sy in Bybelse bronne gekry.

Maartens sê hoewel poligamie in daardie jare aanvaarbaar was, kon dit nie maklik gewees het om met jou man se ander huwelik saam te leef nie.

Elkana se ander vrou, Peninna, was boonop mooi, jonk en sterk en het baie kinders gehad.

Toe Hanna ná vele jare eindelik vir Samuel in die wêreld bring, was sy genoodsaak om hom volgens die Levitiese wet (Elkana was ’n Leviet) aan die Here af te staan.

“Kan jy dink hoe getraumatiseerd Hanna moes gewees het, die innerlike wroeging waarmee sy moes worstel? In daardie jare is ook geglo vroue is met kinderloosheid gestraf oor ’n diep verborge sonde.”

En natuurlik wou die kleine Samuel ook nie van sy mamma weggaan nie. Maartens sê ’n mens moenie dink hy het soos ’n klein engeltjie voor Eli gestaan soos ’n mens in ou skilderye sien nie. Die tabernakel was ’n donker plek en allesbehalwe kindervriendelik. Om meer te wete te kom van dié uitsonderlike verhaal en hoe Maartens te werk gegaan het om dit so getrou moontlik weer te gee, kan die bekendstelling op 2 November om 18:00 in 59@Plenty, Gallery @ Leviseur, bygewoon word. Kaartjies kos R80 en sluit verversings en wyn in. Bespreek by rsvp@nb.co.za of Clare Williams by 021 406 3477.

BRON: http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/maartens-vertel-meer-oor-haar-bybelroman-20161027

Friday, 28 October 2016

Waarom het MER, Afrikaanse Skrywer, van Engels na Afrikaans omgeskakel?

ME Rothmann en haar ander mede-studente het op Opvoedkundige vlak gedurende die 19de eeu hoë waardering vir Engels gehad. In die Kaapland van destyds, onder die Britte, was die Onderwysstelsel op die Engelse kultuur gebou. Die Afrikaners se kinders van Kaapland is hieraan blootgestel. MER en ander het in Engels geskryf, want Engels was beter as Afrikaans, so is hulle geleer. Die Britse kultuur van “gentleman” skap is by hulle as dié waardes ingeskerp.

Maar die keerpunt het in 1895-96 gekom met die Jameson-inval. Dit was vir hulle ‘n waardeskok. Die Britte se gentleman beeld is as vals en nutteloos beleef. Hulle het na die Anglo-Boere-oorlog ‘n Afrikaanse pad ingeslaan.

Bron: ‘Ons gaan ‘n taal maak.’ JC Steyn: 2014.

Die Sielkundiges, soos From en Erikson, se persoonlikheidstoerië van identiteit is moontlik hier van toepassing. Hulle beweer dat as ‘n bepaalde groep ‘n ander groep onderdruk met ‘n valse waardestelsel daar ‘n opstand daar teenoor kan kom. En mense wil met ander mense identifiseer. So daar het by MER en andere ‘n psigiese omwenteling plaasgevind, volgens my vertolking. Hulle het die Britse kultuur as vals en nutteloos, na die Jameson inval en Anglo Boere-oorlog, belewe en by hulle groep wat verontreg was, tuis gekom.  

Wat van vandag? Het die Afrikaner nog ‘n identiteit? Ons is deur die meule, glo ons nog aan ons eie kultuur en identiteit?

PSALM 119: 41-48 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 
 

 

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Heerlikheid van die goddelike Woord.               Heerlikheid om Jesus te dank.       

 

Psa 119:41  Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, Here Jesus, u seën my sonder

 o HERE, u heil volgens u belofte,                                            dat ek dit verdien;

Psa 119:42  sodat ek my smader iets kan antwoord,  ek wil net van u goedheid bly getuig

 want ek vertrou op u woord.                    ten spyte  van goeie en slegte omstandighede.

Psa 119:43  En onttrek die woord van waarheid nie geheel  Here Jesus inspireer my om

en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.  volhardend van u te bly getuig.

Psa 119:44  Dan wil ek u wet altyddeur onderhou,  Ek kom u wet na,

vir ewig en altyd, omdat ek uiters dankbaar is vir die verlossing wat  u vir my gedoen het.

Psa 119:45  en in die ruimte wandel, Oral in die kultuur, en die natuur doen ek u wil

 want ek soek u bevele.   wat in u wet opgesluit is.

Psa 119:46  Ook wil ek voor konings van Sonder huiwering  wil ek van u getuig

 u getuienisse spreek en my nie skaam nie.  teenoor Regeerders en onderdane.

Psa 119:47  En ek wil my verlustig in  Dit is heerlik om u gebooie na te kom,

u gebooie wat ek liefhet,  want ek het u bevele lief.

Psa 119:48  en my hande ophef na u gebooie Ek bid dat ek u gebooie gereeld

wat ek liefhet, en u insettinge oordink.  sal nakom en dit oordink.

 

 

 

Thursday, 27 October 2016

PSALM 123: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 
1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

Die oog na Bowe                                                   God is daar.

Psa 123:1  ‘n Bedevaartslied.

Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon. Ek kyk op na U,

                                                                          Here God wat in die hemel woon,

                                                                           maar ek weet, U is ook in my,

                                                                           deur U Gees en U woord,

                                                                           maar U is nie van my nie:

                                                                           U bly getrou aan U goddelike wese.

Psa 123:2  Kyk, soos die oë van die knegte is Soos U dienaar, ongeag van ras of geslag,

                                                                     na U opkyk,

op die hand van hulle heer, soos die oë sien ons U as die volmaakte Heer en Heiland,

van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres— wat terwille van ons die stofgetrapte pad

so is ons oë op die HERE onse God, van hierdie ondermaanse aarde kom loop het,

totdat Hy ons genadig is. sodat ons as U verbondskinders wel na U mag opkyk.

                                           As ons na U kyk, sien ons gelyktydig ons eie lewensspieël

                                            wat ons nie fatsoenlik weerkaats nie: ons lewensgedrag is

                                            so vreeslik dat ons van onsself wil weghardloop.

                              Kom tog, Here Jesus en reinig ons onmiddellik van die sonde.

Psa 123:3  Wees ons genadig, o HERE, As gevolg van ons skynheiligheid,

                                                          word ons verag en bespot,

                                                           daarom die pleitrede:

                                                           dat U in ons, maar ook met ons,

                                                              ons woorde en werke,

wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting; identies sal maak.

Psa 123:4  meer as versadig is ons siel van die spot Here Jesus, vergewe hulle wat

 van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards! ons minag, en bring ‘n blye dag

                                                                             oor ons almal, sodat niemand

                                                                            oor ons opregte geloof sal twyfel nie.

 

 

 

GELYKE KANS ONDERWYS



   Fondsinsameling vir Afrikaans

 

Die jaar 2016 kan Afrikaans se noodlotjaar word as daar nie dringende en doelgerigte aksie kom om die aanslae teen Afrikaans as  onderrigtaal aan universiteite die hoof te bied nie.

Hoewel 'n paar universiteite in Suid-Afrika voorheen Afrikaans as voertaal gebruik het, het die een na die ander die afgelope ruk verengels. Onlangs het die Universiteit Stellenbosch ‘n beleid aanvaar wat Afrikaans en Afrikaanse studente as  minderwaardig behandel en Engels tot die oorheersende doseertaal en administratiewe taal  verhef.

Mnr. Jannie van der Westhuizen, Rektor van Paul Roos Gimnasium, het uit die US Raad bedank omdat die beleid gelyke status vir Afrikaans en Engels kategories verwerp en selfs nie eens die huidige aanbod van Afrikaans wil waarborg nie.

Die uitfasering van Afrikaans gebeur ondanks die feit dat daar reeds in die Wes-Kaap – die bakermat van Afrikaans, met ‘n meerderheid Afrikaanssprekendes – drie ander Engelse  universiteite bestaan.

Die skade wat die US se taalbeleid na verwagting aan Afrikaanse skole gaan doen, kan vernietigend wees. Daar sal toenemend `n aandrang wees dat Afrikaans reeds op hoërskoolvlak deur Engels as voertaal vervang moet word aangesien die US nie meer  `n volle Afrikaanse aanbod maak nie.

Daar is al oor en oral bewys dat die beste skoling moedertaal-onderrig is. Opvoeding in die moedertaal anker die kind in sy gemeenskap, en bied hom of haar 'n vertroude wegspringplek in die proses van volwassewording. Moedertaal staan dus sentraal in gemeenskapsontwikkeling. Dit beteken nie dat kennis van ander tale waardeloos is nie; net dat moedertaal van kardinale belang is.

Moedertaal-onderwys verg moedertaal-vaardige onderwysers. Hierdie vaardigheid ontwikkel hulle in hul opleiding by ons universiteite en kolleges. Hierdie argument is net so geldig vir talle ander beroepe, soos die opleiding van medici, wat hul pasiënte moet verstaan, regsgeleerdes in hul praktyk en in die howe, handelaars in sakeondernemings en so meer.

As verengelsing voortduur, sal ons skole nie meer in-moedertaal-opgeleide onderwysers kry en sal die studerende jeug  nie meer in hul moedertaal onderrig kan word nie. ‘n Effektiewe mono-kultuur sal die samelewing verswak en laat agteruitgaan. Die meerderheid moedertaal-sprekers in Suid-Afrika - mense wat ander tale as Engels gebruik - sal op hierdie manier afgedruk word in 'n situasie van tweedeklas burgerskap. ‘n Baanbreker-studie van Unesco oor moedertaal-onderrig in Afrika het juis bevind dat die gebruik van die voormalige koloniale tale slegs die elite baat en die oorgrote deel van Afrika se bevolkings benadeel. Dit is een van die vernaamste oorsake wat ontwikkeling in Afrika strem.

Ons het ‘n kragtige saak vir moedertaalonderwys, gerugsteun deur talle deskundige voorleggings.

In die geval van die US, wat selfs sy stigtingsvoorwaardes verwerp, is dit gebiedend dat sy nuwe taalbeleid deur die howe ongeldig verklaar moet word. Om hierdie rede het ons die beweging GelykeKanse gestig, waarvan die lede pas ‘n grondwet aanvaar het. 

Ons eerste mikpunt is om R1 miljoen in te samel om deur middel van `n hofuitspraak die US te dwing om gelyke behandeling aan Afrikaans en Engels as voertaal en kommunikasietaal te gee. Ons werf ook fondse vir die groter taak om die opleiding te verseker van onderwysers wat doeltreffend in Afrikaans-medium kan skoolhou en om behoeftige kinders te help wat in Afrikaans verder wil studeer.  

Hiervoor het ons jou steun nodig sowel as die steun van honderde oud-Maties asook alle ander goedgesindes vir ons fondsinsameling, ‘n veldtog wat landwyd en internasionaal gevoer word. Dit geskied onder die vleuels van GivenGain, met sy Suid-Afrikaanse hoofkantoor op Stellenbosch, wat vir die doel die Stellenbosch-Antwerp Trust gestig het.

Daar is drie groepe van skenkers:

·         KLINKERS - ‘n Klub van Honderd, wat reeds begin het om elkeen R10 000 by te dra. Hoekom KLINKERS? Omdat A,E,I,O,U staan vir: Afrikaans, Erfenis, Inklusief, Omgeetaal, Uniek.

·         KONSONANTE - ‘n Groep van Tienduisend, wat R1 000 elk of R100 per maand vir ’n jaar bydra.

·         STAATMAKERS  - skenkings van R250 of R500 of eie keuses.

 

Alle bydraes is welkom vir hierdie besondere verdienstelike saak. Enige persoon kan ook onder die drie kategorieë “anoniem” skenk. Die bankbesonderhede is:

Naam: Stellenbosch-Antwerp Trust         (Stb Antwerpen Trust vir EFT-betalings)

Bank: ABSA, Stellenbosch

Taknommer: 632005

Tjekrekening: 40-7258-3303

 

Donateurs kan ook vinnig en maklik hul skenkings aanlyn opstel op die bankveilige GivenGain-donasieblad, vanuit hul SA bankrekening of kredietkaart.

 

Loodskomitee: Willa Boezak, Danie Marais, Abraham H de Vries, Abraham Phillips, Ebbe Dommisse, Hermann Gilliomee, Rhoda Kadalie, Danie Rossouw, Phillip Spies.*

 

*Onder die bekendes wat GelykeKanse se beswaarskrif onderteken het, tel Nobelpryswenner J M Coetzee, Breyten Breytenbach, oud-pres. F W de Klerk, premier Helen Zille, lord Robin Renwick, Flip Smit, Dele Olojede, regter Fritz Brand, Sonja Loots, John Miles, Ampie Coetzee, Tony Leon, Eno Adams, Sarina, Tan Twan Eng, Dominique Enthoven, Theuns Eloff, R W Johnson, Rolanda Marais, Anton Goosen, Brendan Peyper, Dave Pepler, Marié Heese, John Cartwright, Sarah Theron, Albert Maritz, Dorothea van Zyl, Dan Sleigh, Deon Geldenhuys, Dine van Zyl, Francis Galloway, Frans Marx, Clive Keegan, Laurinda Hofmeyr, Danie van Wyk, David Welsh, Herman Binge, John Kane-Berman, Eloïse Wessels, Paul Colditz, Douglas Gibson, Dave Dalling, Theo du Plessis, Tertius Kapp, Elsa Joubert, Charles J Fourie, Pieter Louw.  (Sien lys van meer as 4 000 name by http://gelykekanse.com/.)

Wednesday, 26 October 2016

PSALM 143: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Dawid bid om gou verlos te word                  Bid die onse Vader gebed.

Van sy vyande.

 

Psa 143:1  ‘n Psalm van Dawid.

o HERE, hoor my gebed;  Jesus Christus u het my geleer

 luister tog na my smekinge; hoe om te bid:

verhoor my in u trou, in u geregtigheid. “Onse Vader wat in die hemele is,

Psa 143:2  En gaan nie na die gereg met u kneg nie, laat u Naam geheilig word;

want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.   laat u koninkryk kom;

Psa 143:3  Want die vyand vervolg my siel;  laat u wil geskied,

 hy vertrap my lewe teen die grond;  soos in die hemel net so ook op die aarde;

hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is. gee ons vandag ons daaglikse brood;

Psa 143:4  En my gees versmag in my,  en vergeef ons ons skulde,

 my hart verstyf in my binneste. soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Psa 143:5  Ek dink aan die dae uit die voortyd; en lei ons nie in versoeking nie,

 ek peins oor al u dade; maar verlos ons van die Bose.

ek dink ná oor die werk van u hande. Want aan U behoort die koninkryk

Psa 143:6  Ek brei my hande tot U uit;  en die krag

 my siel dors na U soos ‘n uitgedorde land. Sela.  en die heerlikheid

Psa 143:7  Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! tot in ewigheid. Amen. “

Verberg u aangesig nie vir my nie,  Ons gebed is nie tevergeefs,

sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.  want dit is soos U gesê het

Psa 143:8  Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,  dat ons moet bid.

want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan,  Ons vertou u dat

want ek hef my siel op tot U.  U ons daaglikse brood sal voorsien,

Psa 143:9  Red my van my vyande, HERE!  U sal ons uit genade vergewe,

By U skuil ek.     want die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde.

Psa 143:10  Leer my om u welbehae te doen,  Leer my om

 want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in ‘n gelyk land. U Naam te heilig,

Psa 143:11  o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; om U koninkryk in my lewe

 lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.  te laat kom.

Psa 143:12  En vernietig my vyande in u goedertierenheid,  Leer my om my vyande ook lief te hê

 en bring hulle almal om wat my as vyand behandel;  soos myself,

want ek is u kneg.                want dit is u bevel vir my.

 

 

PSALM 142: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 142:  NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Gebed onder sware vervolging                      U, Here Jesus, verhoor gebede.

 

Psa 142:1  ‘n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. ‘n Gebed. ----

Psa 142:2  Hardop roep ek die HERE aan,  In my nood, bid ek hardop

hardop smeek ek die HERE.                                tot u, Here Jesus.

Psa  142:3  Ek stort my klagte uit voor sy aangesig;  U het gesê:

ek maak voor sy aangesig my nood bekend.  vra en vir julle sal gegee word.

Psa 142:4  As my gees in my versmag,   Ek vertrou op U alwetenheid,

dan ken U my pad.   Jesus Christus, want u ken my nood by voorbaat.

Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan.  Help my asseblief.

Psa 142:5  Ek sien uit na regs en kyk,  Niemand wil my help nie,

maar daar is niemand wat my ken nie;   maar niemand ken my nood nie.

die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.  Niemand sal na my luister nie.

Psa 142:6  Ek roep U aan, o HERE! Here Jesus u is al een na wie ek kan gaan.

Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. Net by u is daar hulp en raad.

Psa  142:7 Luister na my smeking, Ek is in diepe nood,

 want ek is baie swak;       my gees is swak

red my van my vervolgers, en ek bid vir my vyande dat hulle

 want hulle is vir my te sterk.  tot bekering sal kom.

Psa 142:8  Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof.  Ek wil nou getuig van die

Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. uitkoms wat u alreeds bewerk het!