Tuesday, 25 December 2018
Friday, 23 November 2018
WYLE JOOS HEUNIS
Dit is met pynlike hartseer dat ek vandag my ou vriend, Joos Heunis aan
die dood moes afstaan. Hy het vroeër by die Volksblad gewerk. Ek sou ‘n lang
nekrologie oor hom kon skryf. As
gelowige was hy ‘n steunpilaar in die Kerk. Hy was ‘n entoesiastiese mens.
Ondernemend by uitstek. Saam met die
gemeente toere na die uithoeke van die land geneem, want Joos was getrou om
fondse in te samel om 120 mense teen ‘n minimale bedrag op so ‘n geleentheid te
neem. Busse gereël, etes gereël, slaapplek in gerieflike plekke en so is daar
geestelike onderwerpe tydens die toere deur verskeie mense aangebied. Ons het
talle christelle toere deur die land opgevoer, in die Sand du Plessis, ander kunsteaters, kerk en skoolsale. Joos het
bykans altyd PETRUS vertolk. Hy het by Skoue gehelp en was ‘n skitterende
ouderling. Hy het sy wyk met onderskeiding
gedien. Ons het tot laat nagte die wykslidmate besoek. Vir hom was dit nooit te
veel gevra nie. Mense het Kerk toegekom. So het talle mense wat nooit kerk
bygewoon het nie onder sy bearbeiding weereens eredienste bygewoon. Ek sal hom nooit vergeet nie. Sy erns en
humor was aansteeklik. Joos ek groet jou met diepe hartseer, ou maat. Jy is
veilig by jou Verlosser. Annatjie en die kinders julle het ‘n anker
verloor. Mag julle met vreugde dink aan ‘n vol lewe saam met hom.
Tuesday, 16 October 2018
GOD IS MY STERKE
Die
moontlikheid bestaan dat daar ‘n gevoel van eksistensiële sinloosheid is. ‘n
Sodanige gevoel sal veral onder denkendes aanwesig wees. Ander kan dit adhok aanvoel.
Inteendeel dit is moontlik ‘n algemeen menslike gevoel. Hierdie latente gevoel
word ge-aktiveer deur terminale siektes, ingrypende kultuur en politieke
veranderinge, ouderdom, werkloosheid, aftrede, verwerping, liggaamlike
degenerasie, verganklikheid, dood en ander redes. Daar is geen rasionele
antwoord hiervoor nie. Daar is geen medikasie hiervoor nie. Geen fanatieke
antwoord is ‘n permanente oplossing nie. Sinloosheid sal bly knaag en
herhaaldelik terugkom as die euforie van fundamentalisme verdwyn.
Wat
bly: “Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort
ek vir altyd.” Psalm 73 vers 26.
Friday, 12 October 2018
PIK BOTHA
Ons het ‘n Formidabele persoon in
oud-min Pik Botha verloor. Hy was ‘n persoon wat uiters begaafd was. Ek het hom
in die 80jare van die vorige eeu gevra om ‘n inset in my doktorale Proefskrif te
lewer oor VERSOENING IN DIE POLITIEK. Dit was ‘n faset van die Doktorale tema
wat oor die Bybelse Versoening gehandel het. Hy het dit met oorgawe gedoen. Sy uitgangspunt was sekuur vanuit die Bybel
geformuleer. Hy het soos volg geskryf: “
Dit is ‘n Bybelse opdrag om versoening na te streef en te doen volgens die Wil
van God. Ons word opgeroep om dit in ons persoonlike en in landsake toe te pas.
Vir die Christen politikus is dit nie slegs ‘n keuse nie. Ons Christelike
verantwoordelikheid dwing morele
aanspreeklikheid aan ons op. Belangrik is dat die kriterium nie selfbelang mag
wees nie…..dat die versoeningsdaad sy gevoel van verontregting verwyder het.”
Hierdie is maar ‘n klein gedeelte daarvan.
Hy moes in sy openbare lewe vele
uitdagings hanteer. Eers as Advokaat in die Wêrelhof om SA se mandaatskap wat
SWA, Namibië, betref en nie net verdedig nie maar ook ‘n hangende HF
Odendaalplan vir die gebied wat op SA se diveristeit gegrond, Batoetuislande, is hanteer in die aangesig van die Buiteland
wat dit nie aanvaar het. So ook moes hy as Minister teen sy eie oortuigings in ‘n
beleid wat later as ‘n misdaad teen die mensdom getipeer is, verdedig. Hy het
dit met onderskeiding gedoen. Welgedaan ons huldig u.
Wednesday, 8 August 2018
HOSPITAALSORG
BEDIENING:
BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)
Die Sinodale Bestuursforum
(SBF), het die afgelope week ‘n vrugbare vergadering met die span wat vir
Hospitaalbediening verantwoordelik is, gehad. Uit dié gesprek het die volgende
belangrike sake na vore gekom:
Die Hospitaalbedieningspan
is daar om tot hulp te wees vir predikante en gemeentes wat van die platteland
af kom en wie se lidmate in die onderskeie hospitale in Bloemfontein opgeneem
is en waarvan die betrokke predikante vanweë afstand, hulle nie kan besoek nie.
Die span is enige tyd beskikbaar om ‘n besoek by diegene wat in die
hospitaal is, af te lê, of om families in ‘n krisis te ondersteun.
Die twee persone wat vir
hierdie bediening verantwoordelik is, is dr Hennie Maartens en me Christel
Trollip. Kontak gerus vir dr Maartens by 083 388 0047 en me Trollip by
082 524 8655, indien die behoefte sou bestaan dat hulle ‘n siekebesoek by
‘n lidmaat moet doen. Dit is belangrik dat die inligting van die betrokke
lidmaat verskaf moet word, sowel as die hospitaal waarin die lidmaat opgeneem
is. Daar is bepaalde hospitale wat nie meer opnamelyste aan predikante
beskikbaar stel nie, maar hulle sal aan ‘n predikant wat besoek aflê, die
nodige besonderhede van ‘n pasiënt gee indien die leraar oor die pasiënt se
inligting beskik.
Vlnr: Mev Rika Wolmarans
(ENGO Dir: Ouer Persone), dr Hennie Maartens (Hospitaalleraar), me Christel
Trollip (Geestelike werker), ds Barnard Styn, dr Carin van Schalkwyk, mnre
Adriaan de Ruiter en De Wet Claassens (almal van die SBF)
BRON:
Tuesday, 29 May 2018
1918 DIE ASB JAAR VAN DIE AFRIKANER.
1918 DIE ASB JAAR VAN DIE AFRIKANER.
Gedurende die jaar, 1918, het 'n groep Afrikaners besluit om die volgende te doen. Dit is die jaar dat die volgende gebeur het:
Stigting van die A is AVBOB in Bloemfontein. Die Middellanders, die Vrystaters het blykbaar die nood van die Families van die Afgestorwenes aangevoel.
Stigting van die S is Santam in Kaapstad. Die Suidlanders, die Kolonialers, is met die Kaap van Storms gekonfronteer. Hulle moes hulle verseker teen die storms.
Stigting van die B is die Broederbond in Braamfontein, Johannesburg. Die Noordlanders, Gautengers, het die minagting en verguising ondervind van die Britse Rykes en het nie poste in die Spoorwee gekry nie.
Bogenoemde apriori is op gevoelswaarde gegrond. Desondanks die eensydigheid kan die affektiewe moontlik 'n onbewuste rol gespeel het.
Gedurende die jaar, 1918, het 'n groep Afrikaners besluit om die volgende te doen. Dit is die jaar dat die volgende gebeur het:
Stigting van die A is AVBOB in Bloemfontein. Die Middellanders, die Vrystaters het blykbaar die nood van die Families van die Afgestorwenes aangevoel.
Stigting van die S is Santam in Kaapstad. Die Suidlanders, die Kolonialers, is met die Kaap van Storms gekonfronteer. Hulle moes hulle verseker teen die storms.
Stigting van die B is die Broederbond in Braamfontein, Johannesburg. Die Noordlanders, Gautengers, het die minagting en verguising ondervind van die Britse Rykes en het nie poste in die Spoorwee gekry nie.
Bogenoemde apriori is op gevoelswaarde gegrond. Desondanks die eensydigheid kan die affektiewe moontlik 'n onbewuste rol gespeel het.
Thursday, 1 March 2018
WYSIGING AAN DIE GRONDWET: GRONDONTEIENING.
WYSIGING AAN DIE
GRONDWET: GRONDONTEIENING.
Die vraag is: is die
wysiging NIE IRRASIONEEL NIE? Die rasionaal en uitgangspunt van die Grondwet is
die vryheid van die individu. (Humanisties individualisties) Die ingryping van
die Staat is ‘n vergrype en ingrypende inkorting van die vryheid van die
individu se grondreg. Balanseer met die eise van die gemeenskap tot grondreg,
is onderhandelings nie die uitweg of vennootskappe nie? Kompensasie kan met
Staatseffekte opgelos word? Is die probleem nie die uitvoering van die huidige
plan nie? Vra die grondloses se eise nie vir ‘n Kodesa nie?
Sunday, 25 February 2018
558 DAE
Die aangrypende ware
verhaal van ontvoeringslagoffers Yolande en Pierre Korkie.
558 dae van hel. Twee
siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van
Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur
Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie.
In hierdie roerende
verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van
hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 dae
deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van
die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte
reddingspoging om Pierre te bevry.
Dit is ’n ware verhaal
van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker
word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is
die storie van 558 dae.
16 bladsye
volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se
joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande
aan Pierre is in die boek ingesluit.
BESTEL BY http://www.cumuitgewers.co.za/558-dae-sagteband1-1
Monday, 19 February 2018
GELOOF EN HOSPITAALSORG
GELOOF EN HOSPITAALSORG.
Sommige gelowiges beweer dat ‘n “sterk”
geloof genesend is. Maw jy moet net reg glo dan sal jy gesond word. Dit beteken
dat die sogenaamde regte geloof ‘n geneesmiddel is. Die vraag is: waarom is die
mediese wetenskap nodig as geloof wel ‘n geneesmiddel is? As die stelling waar is, waarom antibiotika
neem, bestraling kry en ander middele en prosedures ondergaan om gesond te
word?
Die negatiewe gevolg van die stelling dat
geloof ‘n geneesmiddel is, is wanneeer die pasiënt nie gesond word nadat die
stelling aan hom of haar bedien is nie. Die gelowige wie se geloof nie sy
gesondmaking bewerkstellig het nie sit met skuldgevoelens. Hy of sy dink: ek is
‘n swak gelowige, want God beskou my geloof nie voldoende om te beantwoord nie.
Hulle mag moontlik dink dat God hulle verwerp, omdat hulle geloof te kort
skiet. Genoemde stelling, kan gelowiges in ‘n geloofkrisis plaas indien hulle
nie gesond word nie. Maar ook op ‘n intra persoonlike vlak, afhangende van die
luisteraar aan wie die stelling dat
geloof genesend is, gemaak is, bestaan die moontlikheid dat die betrokke
persoon se neurotiese en dwang obsessies versterk kan word. Maw dit kan
moontlik negatiewe sielkundige gevolge hê.
Sonder om verder hieroor te argumenteer,
behoort ons te vra: wat sê die Bybel wat geloof is?
Voor ons die vraag kan beantwoord, behoort
ons te vra: waar kom geloof vandaan? Wie is die oorsaak van geloof?
Die Bybel sê in Efes 2:8 “Want uit genade is julle gered, deur die
geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God’ en Efes 2:9
“nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Dit beteken dat God
geloof skenk, want dit is ‘n gawe van Hom. Maw: God is die oorsaak dat ons glo.
Dit bevestig Fritz Rienecker in sy kommentaar op die brief van Efesiërs naamlik
“ Der Glaube ist die Hand des Bettlers… So ist es auch mit dem “Glauben”. Er
ist eine Tat Gottes….” Der Brief an die
Epheser, p. 85 en 86. Dit beteken dat
geloof ‘n geskenk van God is. Maw as ons glo, is dit God wat dit in ons
bewerkstellig. Simbolies gestel kom dit daarop neer dat geloof soos ‘n geut is
wat die reenwater opvang en ontvang wat van Bo kom. Die geut herlei die water
na ‘n tenk waarin dit gestoor word. So is dit met geloof; dit word binne in ons
deur die Heilge Gees ingelei, sodat ons kan glo. Op die manier word ons bewus
dat ons gered is. Ons moet die geloof wat ons van die Heilige Gees ontvang
toe-ein en ons eie maak. Geloof wat God deur sy Heilige Gees in ons gewerk het,
is bepalend vir ons verhouding met Hom. Dit besvestig Johannes 1 vers 12: “Maar
almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te
word, aan hulle wat in sy Naam glo;” Maw geloof is reseptief en nie kreatief
nie. Geloof is die ontvangsmiddel waardeur ons van redding bewus word.
As geloof kreatief
sou wees, sou die Ou Testamentiese gelowige nie die volgende gebid het in Psa 30:3 : HERE,
my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak,” nie. Dit
beteken dat geloof my in die regte verhouding met God stel, daarom kan ek bid
om genesing. En ek bid tot God wat my kan genees as dit sy wil is, en nie my
geloof wat my genees nie.
Maar waaruit bestaan
geloof? Hoe moet ons geloof prakties verstaan?
Die Bybel sê, en die Heildelberg Kategismus beaam dit, naamlik 2
bestandele. Die twee bestandele is kennis en vertroue. Die Bybel sê in Rom 10:17
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van
God.” Dit beteken dat geloof uit die kennis van die Bybel bestaan. In die Bybel
openbaar God hom oa as die skenker van geloof. En die tweede bestandeel is
vertroue. Die Bybel sê in Heb 11:1 “
Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die
dinge wat ons nie sien nie.” Maw ons vertrou die Woord as waar, en komende van
God. Ons hoop is op die onsigbare gerig volgens die Bybel. Ons omhels die
onsigbare wete dat God deur sy Gees die geloof in ons werk, en as dit sy wil is,
sal Hy ons kan genees.
Ons glo aan Goddelike
genesing en nie geloofgenesing nie. God genees en nie geloof nie. Maw geloof
vestig ons aandag op die feit dat dit God is wat genees dmv sy woord en sy Gees.
By ENGO trag die
Hospitaalspan om pasiënte in nood met liefde en sagtheid Bybels te begelei.
Daar word gepoog om pasiënte gemaklik te laat voel met hulle geloofslewe, al
nagelang van die behoeftes van pasiënt tot pasiënt. Asook om pasiënte te verseker dat God ‘n liefdevolle
vader is wat hulle nood raaksien, en dat Hy prakties daarop reageer.
Sunday, 18 February 2018
BYKANS SESTIG JAAR GELEDE...
Bykans
sestig jaar gelede was daar ‘n verskeidenheid van begaafde mede-skoliere te
Petrusburg Hoërskool. Ons het in die
Skoolsaal asook in Petrusburg se Stadsaal diesulkes bewonder. Hulle het met
hulle optredes ‘n onvergeetlike indruk op
ons gemaak. Natuurlik het ons dit op tipiese tiener manier beleef. Daar
was die sang van die musikale begaafdes.
En dan was daar die ballet. As ek
reg onthou was een opvoering op die maat van Johann Strauss - Tritsch-Tratsch-Polka. Wat ‘n vrolike en
optimistiese klank so tipies van die Romantiese tyd in Europa. Daarmee saam in
daardie bepaalde historiese geleef van die Strausse in Oostenryk was die
Metternich-stelsel wat ons in die Geskiedenis blouboek geleer het.
https://youtu.be/iuONBz7boBc
Tuesday, 6 February 2018
GEBED EN HOSPITAALSORG
GEBED
EN HOSPITAALSORG.
GEBED
Wanneer ons oor gebed
praat, daaroor dink of Bybelstudie oor gebed, doen, vra ons gewoonlik: wat sal ons
bid, of waarom en waarvoor moet ons bid? want die Bybel sê in Mat 7:7 “Bid, en vir julle sal gegee word;” Maar
al bid ons aanhoudend, word ons gebede somtyds nie verhoor nie. Waar lê die
probleem? Om die vraag te beantwoord behoort ons ‘n wedervraag te vra: tot wie bid ons? Tot wie rig ons die
gebed? In die Bybel gedeelte hierbo genoem, sê Jesus Christus dat ons behoort te
bid. As Jesus Christus ons uitnooi om te bid, waarom word ons gebede nie altyd verhoor
nie? Die antwoord op hierdie vraag na onverhoorde gebede is die Persoon tot wie
ons bid. Ons bid tot God deur Jesus Christus. Wie is Jesus Christus? die Bybel
sê in Joh 10:30 “ Ek en die Vader is een.” Jesus Christus is God. Dus
as ons bid rig ons alle versoek na God deur Christus Jesus.
God is ons vader,
want die Bybel sê in Joh 6:46 “Nie dat iemand die Vader gesien het nie,
behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.” Om God die vader te noem, is ‘n antropomorfisme. Dit
beteken dat die begrip Vader wat vir God gebruik word, is ‘n menslike uitspraak
om oa God op menslike wyse te verstaan. Dus die Bybel gebruik die begrip,
Vader, ook op die wyse. Dus kan ons na analogie van ‘n aardse vader wat sy vaderskap gestand
doen, weet hy luister as sy kind met hom praat: hoeveel te meer dan ons Hemelse
Vader. Ons hoef nie te twyfel of God na ons luister nie, want die Bybel sê in 1Jn 4:8 “God
is liefde.” ‘n Liefdevolle vader luister
inderdaad na sy kind as hy met hom praat.
Maar net soos ‘n
aardse vader nie altyd vir sy kind gee wat hy vra nie, net so is God wat die reg
het om sy kinders se versoeke volgens sy wil te hanteer. Dit beteken dat Hy gee
volgens sy wil asook wat die beste vir sy kind is. Dit kom daarop neer dat God nie altyd vir sy
kind gee wat hy vra nie.
Op Teologiese
Fakulteit het ons die Boek Job bespreek. En een van die eienskappe van God wat
ons ontdek het, is dat Hy vrymagtig is. Maw Hy kan besluit soos Hy wil en sy
besluit hoef nie noodwendig ons besluit te wees nie. Die Bybel sê in Job 2:10 “ Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas
praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte
aanneem nie?” Ons kan bid soos ons wil, ons kan gebedskettings vorm soos ons
wil, maar die uiteindelike atwoord lê by God. Dit is dus nie ons wense,
begeertes of verlangens wat altyd beantwoord sal word soos ons dit verlang nie.
Die vraag is, is
gebed wel relevant as God vrymagtig optree? Transendeer die objektiewe nie die
subjektiewe in die geval mbt gebed nie? Mag ons steeds biddend vra? Ja, want
die uitnodiging bly dat ons moet bid, want die Bybel vra dit van ons. Ons moet met
God kommunikeer en nie in ‘n stilstuipe verval nie. Kinders praat met hulle
Vader, want dit is vanpas en noodsaaklik. God het ons nie nodig nie, maar ons
wel, daarom mag en behoort ons ons diepste gevoelens aan Hom bekend maak.
Menslike gesproke is gesprek tussen ‘n Vader en sy kinders van uiterste belang
vir ‘n gesonde verhouding. Net so is dit wanneer dit kom by die verhouding wat
ons met God het. Ons kan nie aanspraak maak op ‘n verhouding met God as daar
nie ‘n gebedsgesprek is nie. Die Bybel sê in 1Jn
5:20, volgens die Good News Bible:
“ We live in union with the true God---in union with his Son Jesus
Christ.” Ons lewe in eenheid met Christus. Daarom is gebed ‘n leefwyse.
HOSPITAALSORG
By die siekbed mag die dinamiese omstandighede
nie uit die oog verloor word nie. ‘n Besoek aan elke siekbed is anders, want
die uniekheid van die pasiënt verskil van persoon tot persoon. ‘n Empatiese benadering is nodig. Ons is
bemagtig met die Bybelkennis ivm met gebed, maar is ‘n siekbed ‘n preekstoel,
Bybelstudie en ‘n voorligtingsessie? Nee, in die Bed van ‘n Hospitaal lê ‘n
persoon en worstel met sy persoonlike siekte. Om praktiese voorbeelde te noem: By
een van die beddens sê ‘n pasiënt wat
uitgeteer is deur kanker dat die dokters vir hom net ‘n jaar kans gee om te
lewe. Maar as gelowige glo hy aan die wil van God. Hy bly biddend afhanlik van
God met die wete dat God se wil sal geskied. Ek be-aam die man se geloofs
uitspraak en sê dat ek die hoogste waardering daarvoor het. Ek voel bewoë oor
die persoon se aanvaarding van sy situasie.
Magteloos staan ‘n mens en kyk na die aftakeling van kanker, maar met die wete:
God is al een wat almagtig is. By ‘n
ander Hospitaalbed vertel ‘n persoon dat hy in ‘n rooftog gewond is. Onder die
operasie het die sjirurg sy dunderm raak gesny. Nou sit hy met 2 sakkies wat sy
ingewande funksies moet hanteer. Hy is moedeloos, maar ‘n miljoen mense gaan
vir hom bid vir genesing. My antwoord was: ek is bly dat jy versterking kry uit
die wete dat soveel mense vir jou gaan bid. Die wete van gebedsondersteuning
beteken dat jy nuwe krag kry as jy deur donker dieptes gaan. Voel jy dat al die
gebede jou gaan genees?
Twee persone, twee
gelowiges en twee sienswyses.
Hierdie is slegs twee
voorbeelde van talle ander dinamiese omstandighede by Hospitaalbeddens. Wat ‘n
voorreg om mense in nood by te staan as knegte van die Allerhoogste God deur
Jesus Christus.
Die Hospitaalspan van
ENGO is ‘n toegewyde groep gelowiges om ander persone in nood by te staan. ENGO
bied so ‘n diens aan die Hospitale in Bloemfontein. AAN GOD AL DIE EER!
Saturday, 3 February 2018
NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK
Met ons besoek
aan Nederland so ‘n paar jaar gelede was dit die oogmerk
om oa die eiland Texel te besoek. Ons belangstelling
was om te gaan kyk waar die heer Jan van Riebeeck na die Kaap in 1651 vertrek
het. Dit is ‘n Eiland langs Nederland waarop die inwoners ‘n heerlike rustige
bestaan voer. In een van die winkels het ek ‘n fassinerende Boek GESCHIEDENIS
VAN DE VOC deur Femme S. Gaastra ontdek. Amsterdam was die eerste stad in die
wêreld wat ‘n aandelebeurs begin het. Die VOC was die eerste genoteerde maatskappy
op die beurs. Die monopolisering van die Handel na die Ooste was toe al op die
agenda van die handeldrywende lande na die perperyke Ooste. Vandag is praktyk
nog steeds in die handel aanwesig, soms word dit Prysbinding, genoem. Wat die
kerk betref, is dit interressant dat die
naam van die VOC kerk as Nederduits Gereformeerde Kerk beskryf word. Die
spelling wat vandag nog in die NG Kerk se naam pruik. Op bladsy 108 van die
genoemde Boek word die vereistes van lidmaatskap van die Kerk in Batavia genoem.
Nouja ons kerk kom ‘n lang pad. Sommige Kerkhistorisie
sou die naam as kanoniek beskryf en dat dit blywend behou moet word. Ander weer
sou weer beweer dat dit ter wille van eenheid van die Kerk ondergeskik aan
Versoening is. Om die argument gewig te
gee, sal beweer word dat die naam bagasie van die Koloniale verlede en
apartheid dra. Daar lê ‘n dinamiese proses
van eenwording voor nadat Belhar aangeneem is.
Friday, 26 January 2018
NASIONALE WATERPLAN
Suid Afrika benodig 'n Nasionale Waterplan asook 'n daadwerklike uitvoering daarvan.
Tuesday, 9 January 2018
WAT MOET EK JOU LEER, MY KIND?
Wat moet ek jou leer, my kind(jie)?
Nou, vir oulaas?
http://www.seker.co.za/
Saturday, 6 January 2018
NIHILISME EN VOORSIENIGHEID.
Nihilsme en Voorsienigheid word nie teenoormekaar
gestel nie, maar naasmekaar. In die dieptestruktuur van die gesprek gaan dit om
een noemer angs. Menslike angs wat om baie redes ‘n historiese gemendeler
geword het, het in baie opsigte die algemene bousteen van ons Westerse wêreld
geword. Ons belewe lewensangs, want ons bevind ons in bose kringloop van
geboorte, opgroei en sterf. Die graf is ‘n roekelose uiteinde van alles wat ons
ken, nie net van ons bestaan nie, maar die hele kosmos. So ‘n denke loop uit op
‘n nihilism. Alles kom tot niks.
In die The Economist se The World in 2018 is
die redakteursbrief juis besig met angs. Baie wêreldgebeure gee aanleiding tot angs.
Een daarvan is die konflik tussen Noord en Suid-Korea ens. Die antwoord op angs
is die vraag hoe om van angs te ontvlug? en dit is moontlik die Winter
Olimpiese Spele in Seol, die Wêreldsokker in Rusland, en die wettiging van
medisinale dagga asook die herlewing van Mary Poppins se musiekblyspel.
Is die vraag moontlik: wat verdoof ons angs?
Watter narkotiseermiddel moet ons gebruik om angs te verwerk? Sport, musiek en
kruiemiddele soos dagga?
The Economist se inhoud is van hoogstaande
analise. Heerlik om te lees en dit skroom nie om ons probleme aan te spreek
nie. Joernalistiek by uitnemendheid, denkend en beredeneerd.
Die Bybel sê in : Gen 22:8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die
lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
Monday, 1 January 2018
GOD EN LYDING.
Wanneer ons oor lyding, pyn, siekte, oorloe en ongeneeslike kankers praat, is dit maklik. Sodra ons lyding persoonlik ervaar, is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dan is daar menige vrae wat opduik.
As ons gelowig is, vra ons na God se optrede op ons moeilike pad wat ons moet hanteer. Dan vra ons oa waarom God? is dit my sonde wat dit veroorsaak het? waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? waarom help God nie? ens...
Ons ervaar wanhoop as ons ernstig ly, maar daar is hoop en besliste hoop volgens die Bybel.
Die oorsaak van die lyding is by die optrede van een mens, naamlik Adam. Die Bybel se in
"Rom 5:12
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het." Dit beteken dat Adam die oorsaak van alle ellende is. God is regverdig en toornig en daarom straf Hy die sondaar, Adam, wat die gevolge van die sonde soos 'n blinde Simson op ons almal laat 'instort' het.
Maar God is ook liefdevol, daarom gee Hy die moederbelofte en sy Seun wat Versoening kom doen het. Die Bybel se in
"Rom 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het." Dus het God die daad van Adam kom uitskakel deur sy Seun se Versoeningsdood aan die Kruis.
Wat is ons gevolgtrekking oor dit alles?
God het ons in lyding regverdig kom verklaar deur Jesus Christus. Dus kan ons in diepe lyding hoop kry in die Bybel se woorde van
"Mat 19:26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik." Maw al is ons omstandighede hopeloos, kan ons ons op God beroep in gebed om die onmoontlike te doen, naamlik die oplossing van die probleem sowel as genesing van siekte van watter aard ookal.
Maar dan behoort ons die volgende te onthou wat die Bybel meld in
"Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?
Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! "
God sal die beste gee vir ons in lyding. Vra na sy wil en Hy sal antwoord.
As ons gelowig is, vra ons na God se optrede op ons moeilike pad wat ons moet hanteer. Dan vra ons oa waarom God? is dit my sonde wat dit veroorsaak het? waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? waarom help God nie? ens...
Ons ervaar wanhoop as ons ernstig ly, maar daar is hoop en besliste hoop volgens die Bybel.
Die oorsaak van die lyding is by die optrede van een mens, naamlik Adam. Die Bybel se in
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het." Dit beteken dat Adam die oorsaak van alle ellende is. God is regverdig en toornig en daarom straf Hy die sondaar, Adam, wat die gevolge van die sonde soos 'n blinde Simson op ons almal laat 'instort' het.
Maar God is ook liefdevol, daarom gee Hy die moederbelofte en sy Seun wat Versoening kom doen het. Die Bybel se in
Wat is ons gevolgtrekking oor dit alles?
God het ons in lyding regverdig kom verklaar deur Jesus Christus. Dus kan ons in diepe lyding hoop kry in die Bybel se woorde van
Maar dan behoort ons die volgende te onthou wat die Bybel meld in
Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?
Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! "
God sal die beste gee vir ons in lyding. Vra na sy wil en Hy sal antwoord.
2018
Niemand kan met akkuraatheid die toekoms voorspel nie. Dog, daar is Toekomskundige wat met sekere hedendaagse feite en modelle werk om 'n hipotetiese bepaling van 2018 te maak.
Op een van die Nuuskanale is daar diegene wat beweer dat die Westerse beskawing net soos ander beskawings besig is om die swanesang te sing. Hy beweer op grond van die feit dat die Romeinse beskawing en ander tot 'n val gekom het, sal die Westerse een ook tot sy einde sal kom.
Ons praat nie nou van eindes nie, maar van die begin van 2018. Die gebeure van 2017 sal sekerlik nagevolge vir 2018 inhou. Twee gebeure plaaslik, is die Leierskap van die ANC en die Steinhoff aangeleentheid, wat seker in 2018 gaan uitspeel. Wat dit presies gaan behels, is onvoorspelbaar. Elkeen van ons het 'n eie voorveronderstelling wat ons visie vir 2018 is. Is dit negatief, positief of gebalanseerd? Die ou Griekse filisowe het gese dat as 'n mens nie krities na jou voorveronderstelling kyk nie, kan jy nie behoorlik lewe nie. Degenaar op Stellenbosch was in die vorige eeu nie gewild nie omdat hy Sokrates se kritiese vraagstelling be-oefen het. Nico Smith het in ons klas op Teologiese Fakulteit gese dat ons nie ons wickets moet verdedig nie, maar toelaat dat ons voorveronderstellings uitgeboul word. So kom ons kyk krities na ons eie opinie oor 2018. Het dit balans?
Op een van die Nuuskanale is daar diegene wat beweer dat die Westerse beskawing net soos ander beskawings besig is om die swanesang te sing. Hy beweer op grond van die feit dat die Romeinse beskawing en ander tot 'n val gekom het, sal die Westerse een ook tot sy einde sal kom.
Ons praat nie nou van eindes nie, maar van die begin van 2018. Die gebeure van 2017 sal sekerlik nagevolge vir 2018 inhou. Twee gebeure plaaslik, is die Leierskap van die ANC en die Steinhoff aangeleentheid, wat seker in 2018 gaan uitspeel. Wat dit presies gaan behels, is onvoorspelbaar. Elkeen van ons het 'n eie voorveronderstelling wat ons visie vir 2018 is. Is dit negatief, positief of gebalanseerd? Die ou Griekse filisowe het gese dat as 'n mens nie krities na jou voorveronderstelling kyk nie, kan jy nie behoorlik lewe nie. Degenaar op Stellenbosch was in die vorige eeu nie gewild nie omdat hy Sokrates se kritiese vraagstelling be-oefen het. Nico Smith het in ons klas op Teologiese Fakulteit gese dat ons nie ons wickets moet verdedig nie, maar toelaat dat ons voorveronderstellings uitgeboul word. So kom ons kyk krities na ons eie opinie oor 2018. Het dit balans?
Subscribe to:
Posts (Atom)