Monday 1 January 2018

GOD EN LYDING.

Wanneer ons oor lyding, pyn, siekte, oorloe en ongeneeslike kankers praat, is dit maklik. Sodra ons  lyding persoonlik ervaar, is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dan is daar menige vrae wat opduik.
As ons gelowig is, vra ons na God se optrede op ons moeilike pad wat ons moet hanteer. Dan vra ons oa waarom God? is dit my sonde wat dit veroorsaak het? waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? waarom help God nie? ens...
Ons ervaar wanhoop as ons ernstig ly, maar daar is hoop en besliste hoop volgens die Bybel.
Die oorsaak van die lyding is by die optrede van een mens, naamlik Adam. Die Bybel se in
"Rom 5:12
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het." Dit beteken dat Adam die oorsaak van alle ellende is. God is regverdig en toornig en daarom straf Hy die sondaar, Adam, wat die gevolge van die sonde soos 'n blinde Simson op ons almal laat 'instort' het.
Maar God is ook liefdevol, daarom gee Hy die moederbelofte en sy Seun wat Versoening kom doen het. Die Bybel se in   
"Rom 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het." Dus het God die daad van Adam kom uitskakel deur sy Seun se Versoeningsdood aan die Kruis.
Wat is ons gevolgtrekking oor dit alles?
God het ons in lyding regverdig kom verklaar deur Jesus Christus. Dus kan ons in diepe lyding hoop kry in die Bybel se woorde van
"Mat 19:26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik." Maw al is ons omstandighede hopeloos, kan ons ons op God beroep in gebed om die onmoontlike te doen, naamlik die oplossing van die probleem sowel as genesing van siekte van watter aard ookal.
Maar dan behoort ons die volgende te onthou wat die Bybel  meld in
"Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?

Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! "
 God sal die beste gee vir ons in lyding. Vra na sy wil en Hy sal antwoord.
 

No comments:

Post a Comment