Saturday 3 February 2018

NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK


Met ons besoek aan Nederland so ‘n paar jaar gelede was dit die oogmerk

om oa die eiland Texel te besoek. Ons belangstelling was om te gaan kyk waar die heer Jan van Riebeeck na die Kaap in 1651 vertrek het. Dit is ‘n Eiland langs Nederland waarop die inwoners ‘n heerlike rustige bestaan voer. In een van die winkels het ek ‘n fassinerende Boek GESCHIEDENIS VAN DE VOC deur Femme S. Gaastra ontdek. Amsterdam was die eerste stad in die wêreld wat ‘n aandelebeurs begin het. Die VOC was die eerste genoteerde maatskappy op die beurs. Die monopolisering van die Handel na die Ooste was toe al op die agenda van die handeldrywende lande na die perperyke Ooste. Vandag is praktyk nog steeds in die handel aanwesig, soms word dit Prysbinding, genoem. Wat die kerk betref,  is dit interressant dat die naam van die VOC kerk as Nederduits Gereformeerde Kerk beskryf word. Die spelling wat vandag nog in die NG Kerk se naam pruik. Op bladsy 108 van die genoemde Boek word die vereistes van lidmaatskap van die Kerk in Batavia  genoem.

Nouja ons kerk kom ‘n lang pad. Sommige Kerkhistorisie sou die naam as kanoniek beskryf en dat dit blywend behou moet word. Ander weer sou weer beweer dat dit ter wille van eenheid van die Kerk ondergeskik aan Versoening is.  Om die argument gewig te gee, sal beweer word dat die naam bagasie van die Koloniale verlede en apartheid dra.  Daar lê ‘n dinamiese proses van eenwording voor nadat Belhar aangeneem is.

No comments:

Post a Comment