Friday 23 November 2018

WYLE JOOS HEUNIS


Dit is met pynlike hartseer dat ek vandag my ou vriend, Joos Heunis aan die dood moes afstaan. Hy het vroeër by die Volksblad gewerk. Ek sou ‘n lang nekrologie oor hom kon skryf.  As gelowige was hy ‘n steunpilaar in die Kerk. Hy was ‘n entoesiastiese mens. Ondernemend  by uitstek. Saam met die gemeente toere na die uithoeke van die land geneem, want Joos was getrou om fondse in te samel om 120 mense teen ‘n minimale bedrag op so ‘n geleentheid te neem. Busse gereël, etes gereël, slaapplek in gerieflike plekke en so is daar geestelike onderwerpe tydens die toere deur verskeie mense aangebied. Ons het talle christelle toere deur die land opgevoer, in die Sand du Plessis,  ander kunsteaters, kerk en skoolsale. Joos het bykans altyd PETRUS vertolk. Hy het by Skoue gehelp en was ‘n skitterende ouderling.  Hy het sy wyk met onderskeiding gedien. Ons het tot laat nagte die wykslidmate besoek. Vir hom was dit nooit te veel gevra nie. Mense het Kerk toegekom. So het talle mense wat nooit kerk bygewoon het nie onder sy bearbeiding weereens eredienste bygewoon.  Ek sal hom nooit vergeet nie. Sy erns en humor was aansteeklik. Joos ek groet jou met diepe hartseer, ou maat. Jy is veilig by jou Verlosser.   Annatjie en die kinders julle het ‘n anker verloor. Mag julle met vreugde dink aan ‘n vol lewe saam met hom.

 

No comments:

Post a Comment