Friday 12 October 2018

PIK BOTHA


Ons het ‘n Formidabele persoon in oud-min Pik Botha verloor. Hy was ‘n persoon wat uiters begaafd was. Ek het hom in die 80jare van die vorige eeu gevra om ‘n inset in my doktorale Proefskrif te lewer oor VERSOENING IN DIE POLITIEK. Dit was ‘n faset van die Doktorale tema wat oor die Bybelse Versoening gehandel het. Hy het dit met oorgawe gedoen.  Sy uitgangspunt was sekuur vanuit die Bybel geformuleer.  Hy het soos volg geskryf: “ Dit is ‘n Bybelse opdrag om versoening na te streef en te doen volgens die Wil van God. Ons word opgeroep om dit in ons persoonlike en in landsake toe te pas. Vir die Christen politikus is dit nie slegs ‘n keuse nie. Ons Christelike verantwoordelikheid  dwing morele aanspreeklikheid aan ons op. Belangrik is dat die kriterium nie selfbelang mag wees nie…..dat die versoeningsdaad sy gevoel van verontregting verwyder het.” Hierdie is maar ‘n klein gedeelte daarvan.

Hy moes in sy openbare lewe vele uitdagings hanteer. Eers as Advokaat in die Wêrelhof om SA se mandaatskap wat SWA, Namibië, betref en nie net verdedig nie maar ook ‘n hangende HF Odendaalplan vir die gebied wat op SA se diveristeit gegrond, Batoetuislande,  is hanteer in die aangesig van die Buiteland wat dit nie aanvaar het. So ook moes hy as Minister teen sy eie oortuigings in ‘n beleid wat later as ‘n misdaad teen die mensdom getipeer is, verdedig. Hy het dit met onderskeiding gedoen. Welgedaan ons huldig u.    

No comments:

Post a Comment