Sunday 30 April 2017

Pres. Trump se 100 dae


Pres. Trump se 100 dae was energiek, maar gemaksones het hom op sekere gebiede gestuit. Die Washington establishment is gesement. Om hulle te skuif, kos ‘n atoombom om dit hiperbolies te stel. Politiek is sowerein in eie kring soos ons in ou dae redeneer het, daarom is deals sowerein-oorskryding en werk dit nie. Maar die President se energie is merkwaardig sy ouderdom in aggenome. Obamacare is nog ‘n kopseer plus al die wêreld se politieke probleme met Noord- Korea en om nie eens te praat van die komplekse Sirië nie. In laasgenoemde is daar friendly fire op mekaar. Bondgenote brand op mekaar los en Assad sit in die stoel. Sterkte mnr die President, selfs die Pous sprak nou ‘n woord oor die erns van die saak en om tereg tot versigtigheid te maan.

No comments:

Post a Comment