Is
daar hoop vir Suid Afrika? Ja, beslis. Kyk na Kwêla en Bravo op KykNET, die Voortrekkerbeweging,
en die Kerk se Pionierskool op Worcester dan sien jy oud en jonk is kreatief
besig om sinvol in ons land te werk en te lewe. Mense hier te lande maak ons
trots Suid Afrikaans. Die Politiek word op die oomblik relatief gesproke, negatief
be-oefen, maar as dit rasioneel bedryf word, is dit tot voordeel van almal.
Sunday, 16 July 2017
Sunday, 25 June 2017
MATTEUS 11:28-30
Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Mat 11:30 want my juk is sag en my las is lig.
Monday, 1 May 2017
WERKERSDAG 2017.
WERKERSDAG 2017.
Vandag was daar 'n interessante gesprek op RSG oor Werkersdag. Volgens die gespreksleiers het die arbeidsmark verander. Iemand wat na Skool of Universiteitsopleiding die mark wil betree sal met 'n kreatiewe perspektief dit moet doen. Die beroepsgeleenthede waarin iemand 40 jaar lank gaan staan is heelwat minder as dekades gelede. Nou is die arbeidsmark 'n relatiewe omgewing. Sekerheid is min, pensioen, medies en allerhande byvoordele beperk. Die elektronika revolusie is hier. Dus is emosionele voorbereiding en deeglike beplanning noodsaaklik. Ons sal arbeidsmakelaars en beraders moet kry om mense in die nuwe era in die arbeidsmark te begelei. Minder eise en meer kreatiwiteit word geverg. Vakbonde sal moet nugter word en met hulle kiesfdelings praat ipv wilde eise en beloftes te maak.
Vandag was daar 'n interessante gesprek op RSG oor Werkersdag. Volgens die gespreksleiers het die arbeidsmark verander. Iemand wat na Skool of Universiteitsopleiding die mark wil betree sal met 'n kreatiewe perspektief dit moet doen. Die beroepsgeleenthede waarin iemand 40 jaar lank gaan staan is heelwat minder as dekades gelede. Nou is die arbeidsmark 'n relatiewe omgewing. Sekerheid is min, pensioen, medies en allerhande byvoordele beperk. Die elektronika revolusie is hier. Dus is emosionele voorbereiding en deeglike beplanning noodsaaklik. Ons sal arbeidsmakelaars en beraders moet kry om mense in die nuwe era in die arbeidsmark te begelei. Minder eise en meer kreatiwiteit word geverg. Vakbonde sal moet nugter word en met hulle kiesfdelings praat ipv wilde eise en beloftes te maak.
Sunday, 30 April 2017
Pres. Trump se 100 dae
Pres.
Trump se 100 dae was energiek, maar gemaksones het hom op sekere gebiede gestuit.
Die Washington establishment is gesement. Om hulle te skuif, kos ‘n atoombom om
dit hiperbolies te stel. Politiek is sowerein in eie kring soos ons in ou dae
redeneer het, daarom is deals sowerein-oorskryding en werk dit nie. Maar die
President se energie is merkwaardig sy ouderdom in aggenome. Obamacare is nog
‘n kopseer plus al die wêreld se politieke probleme met Noord- Korea en om nie
eens te praat van die komplekse Sirië nie. In laasgenoemde is daar friendly
fire op mekaar. Bondgenote brand op mekaar los en Assad sit in die stoel.
Sterkte mnr die President, selfs die Pous sprak nou ‘n woord oor die erns van
die saak en om tereg tot versigtigheid te maan.
Thursday, 27 April 2017
27 APRIL 1994
Wat 'n buitengewone dag in Suid Afrika. Ons staan almal in die rye om te gaan stem. Daar hang 'n stilte oor die gebied voor die stemlokaal. Dit is anders as in die verlede. Vorige verkiesings was dit net die Blankes wat gestem het. Nou is dit almal ongeag ras of wat ookal. By die vorige verkiesings was daar Politieke Partye se organiseerders oral en werf stemme so ver hulle kan, Dit was remoerig, nou is daar 'n doodse stilte. Die atmosfeer op 27 April was een van afwagting en hoop. 'n Afwagting dat daar kalmte en rus sal aanbreek. Ons leef in 'n onvolmaakte aarde. Maar dit behoort ons nie te dwing om ongeregtighede te aanvaar nie. Wat wel gebeur het is dat die emosionele las wat die vorige bedeling op die Wittes gele het, verdwyn het. Nou is die meerderheidsparty die party wat die verandwoordelikheid dra. Ons geslag het geskiedekundige stroomversnellings beleef soos min.
Tuesday, 18 April 2017
Phil 101
KykNet het uitstaande programme
soos Bolandse Moorde, Binnelanders en andere. Maar Phil 101 slaag nie. Die teks
is nie goeie komedie nie. Die Universiteitsklasse is kunsmatig, en om oor al
die Filisowe name dropping te doen, maak geen indruk nie. Ons kort goeie Afrikaanse
komedie. Sal Schalk Bezuidenhout kan help?
BRITSE VERKIESING
Mev Teresa May se keuse om 'n vinnige verkiesing mag moontlik in haar guns tel. Die Arbeiders Party is in chaos oor hulle leier. As die Premier weereens die werkers kan oortuig om vir haar te stem, kan sy slaag. Die ander faktor teen haar is die ekonomie. Dit hang af of die Britte ekonomies op die oomblik gemaklik leef. Indien nie, mag sy die pad van haar voorganger, David Cameron loop.
Monday, 17 April 2017
GOEIE VRYDAG
Loretta Lynn het
gesê: Nobody’s perfect. The only one that ever was, was crucified.
Die
volmaakte mens, Jesus Christus, het op Golota gesterf. Sy sterfdatum was Goeie Vrydag en sy sterwenuur was
drie uur in die middag.
Maar dit was nie ‘n gewone sterfte nie. Jesus het nie as gewone mens
gesterf nie. Dit was ‘n buitengewone sterfbed. Nie net is mense deur sy sterfte
aangeraak nie, maar God het in die natuur ingegryp. Dit was NAG in die middag.
Dit was nie ‘n gewone maanverduistering nie. Dit was ‘n bepaalde profesie wat
in vervulling gegaan het. Daar staan in die Bybel in Amo
8:9 “En in dié dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag
ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.” Dit
beteken dat God op die dag sy oordeel oor die sonde in vervulling sal laat
gaan.. Die Bybel sê in Isa 13:9: “Kyk,
die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die
aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.” Maw Jesus
Christus het onder die oordeel en veroordeling van God gesterf.
Juis daarom kan ons verstaan dat Hy Psalm 22 vers 1 aangehaal het in sy
sterwensuur: My God, my God, waarom het U My verlaat?” Dit is daardie oomblik dat Hy na sy menswees
die dieptepunt van Godlike verlatenheid ervaar het. Hy moes op daardie oomblik
die profesie wat Johannes die Doper uitgespreek het, ondervind. Johannes die
Doper het volgens Joh 1:29 gesê: “Die volgende
dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat
die sonde van die wêreld wegneem!” Maw Jesus is aan die kruis die Paaslam wat
geslag moes word as offer vir die sondes van die ganse mensdom. Ook ons sondes
is daar op daardie dag, GOEIE Vrydag, VOOR BETAAL. Daar in God verlatenheid
sterf Jesus vir jou en my sonde. Daar moes hy die oordeel, die duisternis, die
gramskap en toorn van God vir ons dra. Geeneenv van ons sou dit ooit nie kon
doen nie. As ons aan die Goddelike toorn en gramskap blootgestel sou word, sou
ons eenvoudig uitgewis word in die vuurgloed van God se onverdunde toorn wat
elkeen van ons volledig verdien. waar is ‘n grote wonder dat Hy vir sondaars gesterf het dat Hy
vir vir my en jou sonde gesterf het. Die Bybel sê in Rom 5:8 “ maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat
Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” Christus het in ons
plek die toorn, die gramskap en veroordeling van God op ons geneem en ons
daarvan gespaar. Daarom kan ons hom loof
en prys!
Maar watter voorbeeld stel Jesus aan ons in sy sterwensoomblik?
In daardie laaste oomblik van sy lewe roep Hy Hemelwaarts. Hy gebruik
woorde van Siries-Chaldeese afkoms: “Eli, Eli, lama sabagtáni” Maw Jesus roep na sy mensheid:My God my God
waarom het U my verlaat? Die uitroep is ‘n uitdrukking van intense lyding, want
die oordeel van God rus op hom. Maar sal ons ook soos Jesus in ons stewensuur
na God roep? Deur na God in sy laaste oomblikke te roep verklaar hy ook onder
die oordeel van God nogtans sy aktiewe verbondenheid met God, verklaar hy ook
onder die oordeel van God nogtans sy vertroue en sy geloof in God.
JESUS SE VERLATENHEID VOORSPEL.
Hierdie gebeurtenis dat Jesus Christus God verlate was, was nie ‘n
gebeurtenis net van daardie oomblik nie. Hiedie ontsettende gebeurtenis is al
in die Ou Testament voorspel. Jesus Christus se
alleenheid is voorspel in Jes 53:7. Daar staan geskrywe: “ Hy is
mishandel, hoewel Hy onderworpe was,” en in Jes 53:10
staan daar geskrywe: “Maar dit het die HERE behaag om Hom te
verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal
Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal
deur sy hand voorspoedig wees. Isa 53:11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy
dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie
regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.” Dit beteken dat Jesus Christus as dienskneg,
in onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan sy Vade, in alleenheid sal ly ter wille
van ons.
Hy moes die pad loop
sodat Hy die lyding van die straf van God namens ons moes dra.
Die Bybel sê in Isa 53:4 Tog het
hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou
as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Isa 53:5 Oor
óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat
vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing
gekom.
Hy moes die pad loop
sodat Hy ons van die vloek van die wet konlosgekoop. Die
Bybel sê in Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat
die wet meebring, deur in ons plek 'n vervloekte te word. Daar staan naamlik
geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan 'n hout opgehang is." Gal 3:14
Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry
aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof
die Gees ontvang wat God beloof het.
Hy moes die pad loop
sodat Hy ONS sonde-offer moes wees. Die
Bybel sê in 2Co 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom
in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur
God vrygespreek kan wees.
Hy moes die pad loop
sodat ons geregverdig (vrygespreek van skuld)voor God sou wees. Die Bybel sê in Rom 4:25 Hy is oorgelewer is ter wille
van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking. Hy het gesterf, Hy het
gely, Hy was gehoorsaam, Hiervoor het Hy gekom, sodat ons kan lewe. Sodat die
straf wat ons verdien, ons nie sal tref nie. Sodat God nie die doodsvonnis oor
ons sal uitspreek en ons vir altyd uit sy teenwoordigheid sal ban nie.
Maar hoe reageer ons op Jesus se sterwe?
Noudat ons uit die Bybel verneem het dat Jesus Christus alleen ons sonde
aan die kruishout gedra en ter wille van ons gesterf het, hoe gaan ons reageer
teenoor ons Verlosser?
Is dit nie nou die tyd om innig
dankbaar te wees teenoor God omdat Jesus Christus in sy alleenheid vir my en
jou sonde gesterf het nie? Die Bybel sê in 1Th
5:18: “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in
Christus Jesus oor julle.”
Die Bybel verwys hier na verlossingsdankbaarheid, na ‘n dankbaarheid oor
veel, veel meer as aardse dinge en God se sorg in ons moeilike aardse
omstandighede. Die dankbaarheid wat ons
op Goeie Vrydag mag en moet ervaar, is dankbaarheid oor God se oorweldigende,
onbegryplike, onverdiende, ongevraagde liefde en genade. Die dankbaarheid van
Goeie Vrydag oorspan alle lyding, alle swaarkry, elke aardse behoefte en
onsekerheid.
Die Bybel sê in 2Co 4:7: “Maar ons
het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God
mag wees en nie uit ons nie. 2Co 4:8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie
terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; 2Co 4:9
vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.” Ons het die skat van die Evangelie. Deur wat
Jesus gedoen het, is ons met God versoen. Jesus se kruisdood ter wille van jou
en my is ons waarborg van ‘n liefde, ‘n genade, ‘n ontferming wat geen mens op
aarde vir ons kan gee nie. in die sekerheid van hierdie Goddelike liefde leef
ons soos in ‘n persoonlike skuilplek. in die sekerheid van hierdie genade en
ontferming kan ons dan ook deur die krag van die Heilige Gees onder moeilike
omstandighede dankbaar bly.
En hoe moet ons dankbaar wees?
Getuig van die skat van die Evangelie. Getuig van Jesus Christus wat
alleen vir ons sonde gesterf het. Getuig van ons vergifnis van sonde wat ons
deur die kruisdood van Jesus ontvang het.
One of the most evident
signs of genuine godliness is a sincere display of appreciation towards your
heavenly Father.- Patricia Ennis
Dit is Goeie Vrydag. Die genade van God die Vader, wat sy Seun
gegee het sodat ons kan leef, die liefde van Jesus Christus, die Lam van God
wat die sonde van die wêreld weggeneem het en die innige nabyheid van die
Heilige Gees, wat ons in die waarheid lei, is by jou en my.
Hoe goed is hierdie dag met sy bittere herinneringe aan Golgotha
nie.
Hoe lig is hierdie dag met sy herinneringe aan die diep duisternis
oor Golgotha nie.
Dit is Goeie Vrydag vir elkeen wat
sê: My Here en my God!
Tuesday, 11 April 2017
ANGS
“Our anxiety does not empty tomorrow of its sorrows, but
only empties today of its strengths.”
― Charles Haddon Spurgeon
― Charles Haddon Spurgeon
Wat Spurgeon sê is dat Angs niks aan môre se vrese verander nie, maar dit
maak ons vandag kragteloos. Dit is die gevolge van van angs.
Wat presies is angs? Die HAT Woordeboek se definisie van
angs is: Gevoel van vrees, benoudheid, onsekerheid en onveiligheid. Ons weet
wat angs is: ons ervaar dit moontlik daagliks. As ons vandag huiswaarts keer,
weet ons nie wie of wat wag ons in nie.
Ons vrees ‘n moontlike plaasaanval, ons vrees ‘n huisinbraak, ons vrees die
uitslag van ‘n ernstige siekte, ons vrees die ouderdom met al sy kwale, ons
vrees die dood. Die lewe en sy finansiële probleme het net te veel geword,
daarom is ons oneindig angstig. Omdat ons angstig is voel ons onveilig,
onseker, en benoud. Soms voel ons ons bors trek toe van benoudheid omdat ons angstig
is. Moontlik kan ons ons dié eeu die eeu van angs noem.
Angs is ‘n gevoel wat ‘n mens oorweldig. Jy kan nie
nugter dink nie, jy kan nie jou werk behore doen nie, jy wil net wegvlug, maar
weet nie eens waarheen nie. Maar angs is nie net hier nie, maar gans die hele
wêreld is aan die beweeg in angs. Die Zimbabwiers vlug na SA weens hulle
lewensangs om ‘n bestaan te maak. In Sirie is daar oorlogsangs. Vlugtelinge
strome na Europa.
Maar angs is nie net tot vandag beperk nie. Dit was selfs
in die Bybel se tyd aanwesig. Angs is so deel van lyding. Angs is so deel van
die Lydenstyd van Jesus Christus waarin ons nou is.
Selfs Jesus Christus was voor sy kruisiging met die
diepste angs denkbaar vervul. Drie keer het Hy vir sy dissipels gesê dat Hy
Jerusalem toe gaan om daar te gaan sterf.
Kort ná Jesus se intog in Jerusalem op ‘n donkie se rug
was Hy in ontsettende angs, in ontsteltenis.
Wanneer ons as mense beangs is, roep ons uit: Here, verlos my tog
hieruit! Jesus het geweet wat vir Hom
voorlê: dat Hy die straf van God vir die sonde van biljoene sondaars sou moes
verduur. Geen angs wat enigeen van ons
ooit sal beleef, kan ooit wees soos Jesus se angs waarvan ons in Joh 12: 23,
24, 27-28 lees nie:
Daarop sê Jesus vir hulle: "Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie,
bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.
Joh 12:27-28:
Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My
uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. Vader,
verheerlik u Naam!" Toe het daar 'n stem uit die hemel
gekom: "Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik."
In daardie oomblikke het Jesus ons angs op Hom geneem.
In daardie oomblikke het Jesus elke sondaar se doodsangs
oor die oordeel van God gedra. Hy het
biljoene sondaars se angs oor Godverlatenheid, oor God se straf, oor God se
toorn, in sy denke, emosies, gees, siel en liggaam verduur.
En dan was daar
Jesus se angs in Getsemane.
Die Bybel sê in Mat 26:37:
En Hy neem Petrus en die
twee seuns van Sebedéüs saam. Toe het Hy bedroef en beangs geword. Mat 26:38:
“Toe sê Hy vir hulle: Ek voel doodsbenoud; bly hier en waak saam met My.”
Jesus Christus het geweet die dood wag op Hom. Hy het sy
dood voorspel met die woorde in Mat 26:2: “Julle
weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer
om gekruisig te word.” Jesus Christus het geweet dat die dood vir Hom binnekort
‘n voldonge feit is.
Hy het van sy kruisdood wat wag geweet. Hy was alwetend,
want Hy was ook God. En die Bybel bevestig dit in Johannes 10 vers 30 met die
woorde: “Ek en die Vader is een.” Hy het selfs die uur en die datum van sy
kruisging geweet, weens sy alwetenheid. Maar nogtans het hy na sy mensheid
daarmee geworstel.
Daar in Gesemane het Jesus met sy gesig teen die grond
gebid: in Mat 26:39 staan daar: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie
beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
hierdie worteling met die dood was met angs belaai, want
die Bybel sê in Luk 22:44 : “En
toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet
het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.” Sy angs was intens, sy
benoudheid enorm groot. En dit was deel
van sy lyding as Lam van God wat die sonde van die wêreld moes wegneem.
As jy in diepe angs is, wil jy dit met iemand deel.
Jy vergaan sonder menslike empatie, iemand wat luister,
iemand wat sy/haar arms om jou plaas, vir jou bid of vir jou sê dat hy/sy by
jou staan.
Mense het mense in hulle angs nodig.
Jesus Christus was waarlik Mens, en het mense nodig gehad
wat volhardend by Hom staan.
Maar:
Terwyl hy geworstel het met sy komende dood, in sy
oomblikke van intense angs, het niemand in Getsemane hom bygestaan nie. Hy moes
daar alleen deur sy angs worstel, want sy dissipels het aan die slaap geval.
Hulle het nie lank en volhardend vir Hom ingetree nie.
Die Bybel sê in
Mat 26:40: “ En Hy kom by die dissipels
en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat
om een uur saam met My te bid nie? “
Wat Hy so bitterlik nodig gehad het, het ontbreek.
Menslik gesproke veroorsaak die afwesigheid van menslike
ondersteuning en kontak in oomblike van angstigheid ‘n verskerping van die gevoel van onveiligheid.
Die rede vir die intense onveiligheid is omdat ‘n mens stoksiel alleen aan jou
self en aan jou omstandighede uitgelewer is. Dan oorweldig hulpeloosheid,
magteloosheid en somberte ‘n mens.
Maar om tot Jesus se Lyding terug te keer. Hy het vir ‘n
tweede keer gaan worstel in die gebed oor die dood. Die Bybel sê in Mat
26:42: “ Weer het Hy vir die tweede
maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan
sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”
Hoe kan ons ooit probeer om Jesus se beker van lyding te
begryp of te beskryf?
Ons weet wat persoonlike angs is. Maar Jesus se
lydeningsbeker wat Hy moes drink was God se toorn en straf, die doodsvonnis vir
die ganse mensdom se sonde. Dit was die mensdom se sonde van die verlede, die
sonde van die hede, maar ook die sonde wat gepleeg sal word.
Jesus se lydingsangs val buite ons ervaringswêreld. Om
biljoene mense se angs te dra... Ons kan nie eens ons eie persoonlike angs na
behore dra nie wat dan nog van ander mense sin. Tog het Jesus die angs van die
mensdom van alle tye gedra.
Hy bid om die verlossing van die lydensbeker, maar vra
dat die wil van die Vader sal geskied. En die wil van die Vader is dat Jesus
moes voortgaan om in ons plek die sonde angs tot die einde te dra. En dat Hy dan as Offerlam vir ons moes sterf.
Die Bybel sê in Rom 5:8: “ God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe
ons nog sondaars was.”
Terug na Getsemane.. Die Bybel sê in Mat 26:44: “Jesus het sy dissipels met rus gelaat en
weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.”
Sy dissipels het voortgeslaap. Jesus was alleen, alleen,
This
is the centre of the gospel - this is what the Garden of Gethsemane and Good
Friday are all about - that God has done astonishing and costly things to draw
us near. John
Piper
Maar watter kontras was die slaap van die dissipels nie
met die van die vrou wat ‘n paar uur tevore kosbare reukolie op Jesus se kop
uitgegiet het nie.
Mat 26:6-13 Terwyl Jesus in Betanië in die huis
van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste
fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. Toe die dissipels dit sien, was hulle
verontwaardig. "Waarom so 'n verkwisting?" vra hulle. "'n Mens kon die reukolie vir baie geld
verkoop het en dit vir armes gegee het."
Jesus het dit gemerk en
vir hulle gesê: "Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n
goeie daad aan My gedoen. Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het
julle nie altyd nie. Deur hierdie
reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie
evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy
gedoen het, tot 'n herinnering aan haar."
‘n Onbekende vrou het Jesus aangeraak en bygestaan in die
tyd van diepe nood, onrus en doodsangs. Sy was daar vir Jesus Christus. Maar
later kon sy volgelinge, sy dissipels nie eens een uur saam met Jesus waak en
bid nie.
Wat doen die sagte aanraking van ‘n medemens nie vir jou
wanneer jy van angs en benoudheid kan sterf nie: voor ‘n operasie, op ‘n
ongelukstoneel, terwyl jy in onsekerheid op ‘n tyding wag...
Watter wonderlike vertroosting het die vrou nie vir Jesus
Christus gebring nie. In Getsemane sou Hy alleen wees, maar hier, ure voor
Getsemane, staan ‘n vrou langs hom om
hom te salf met die kosbaartse reukolie.
In oomblikke van angs is menslike aanraking en bystand
soos olie op ‘n mens se emosionele angswond. Die ondersteuning maak die lyding
en onveiligheid draagliker.
― Leo Buscaglia het gesê: “Too often we
underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an
honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the
potential to turn a life around.”
Het jy al ooit aan Jesus Christus as die Draer van al jou
angs gedink?
Het jy al ooit ingesien dat Hy die draer van jou
doodsangs was?
Moontlik voel jy vandag, of gereeld, indien jy aan ‘n
angsversteuring ly, soos Psalm 55 vers 6 sê:
” Vrees en bewing kom
oor my, en angs oordek my.”
Angs is deel van ons gebrokenheid, angs kan die gevolg
van sondeskuld wees. Of die gevolg van faktore buite ons beheer. Dit kan saamhang met toestande wat die
dokters kan diagnoseer. Hoe dit ook al sy:
dit is verskriklik om in angs te leef, om jou dae en nagte in
doodsbenoudheid deur te worstel.
Wat moet ons doen as angs ons oorval?
Die Bybel sê in Heb
4:16: “Laat ons dan met vrymoedigheid
na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade
vind om op die regte tyd gehelp te word.”
Die Bybel nooi ons uit om met God spesifiek en reguit en
sonder terughouding oor ons angs te praat. En hoe nodig het ons nie vir God in
ons tyd van onveiligheid nie. Kom ons
benut die geleentheid ten volle om met God te praat. Kom ons vertel vir God in
detail waarom ons so angstig is. Ons hoef nie beangs te wees om met God hieroor
te praat nie. Jesus Christus weet presies, ja, Hy weet beter as wat ons ons
ooit kan indink, hoe angs voel.
Hoe lief het Hy jou nie, beangste, ontstelde mens!
Die Bybel sê in 1Jn 4:16: “ En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is
liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.”
Daar bestaan geen rede waarom ons moet huiwer om met God
oor ons angs te praat nie.
Trouens, God nooi ons in sy Woord verder uit om na Hom te
kom met al die onrus in ons gemoed.
Filippense 4:6 : “Wees oor niks
besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met
danksegging bekend word by God.” En
in
Glo jy dat Hy wat jou nooi, vir jou iets wil doen?
Dat Hy jou wil help, wil deurhelp?
Natuurlik wil en sal Hy!
Hieroor skryf Dawid: Ps 131:2 Ek het rus en kalmte gevind. Soos
'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid
gevind.
Maar daar is nog ‘n baie belangrike aangeleentheid wat
ons aandag verg en dit sê die Bybel in Gal 6:2 “ Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.”
Ons is geroep om ander te help om hulle angs las te dra.
Ons word geroep om mekaar by te staan
met bemoedigende woorde en hulpverlenende bystand. ‘n Noodoproep van bure vra
dat ons hulp verleen, ‘n egte noodversoek vra ons daadwerklike optrede, ‘n
noodgesprek vra ons aandagtige en empatiese aanhoor daarvan, ‘n angs opmerking
vra dat ons dit sal beantwoord, sonder twyfel en aarseling moet ons met ander
saambid oor hulle nood.
Die Bybel sê dat ons mekaar moed moet inpraat, en dat dit
wat ons vir mekaar sê, Godsvertroue as basis moet hê.
1Tess 5:11:
“Daarom, bemoedig mekaar en bou
die een die ander op, soos julle ook doen.”
Hierdie moed
inpraat beteken dat ons nie met ‘n toemaar en alles sal regkom ons
medegelowiges versterk in hulle angstoestand nie. Maar dit beteken dat ons
mekaar met die woorde van die Bybel sal bemoedig. Al ken ons nie Bybeltekste
uit ons kop nie, kan ons God se beloftes
waarvan Hy nie een sal verbreek nie, uit die Bybel vir mekaar voorlees.
As ons mekaar met die Bybel bemoedig dan kom troos God deur Jesus Christus ons,
want daar staan in die Bybel die volgende in 2 Tess 2:16-17: En mag onse Here Jesus
Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en
goeie hoop in genade gegee het, julle harte vertroos en julle versterk in alle
goeie woorde en werke!
Ten slotte Jesus Christus het vir ons sonde intense angs
belewe.
Maar meer nog Hy het gely, gesterwe en is opgewek uit die
dood.
Nou is dit tyd dat ons net een passie moet hê, en dit is vir Hom
Nou is dit tyd dat ons net een liefde moet hê, en dit is
vir Hom
Nou is dit tyd dat ons met oorgawe vir Hom sal lewe.
Hertog Zinzendorf het gesê: I have one passion. It is He,
only He.
Is Hy wat jou angs en jou sonde kom dra en wegneem het,
die Christus van jou onverdeelde trou en liefde?
Wednesday, 15 March 2017
KLEINHOEWE TE KOOP
KLEINHOEWE
TE KOOP
https://www.property24.com/for-sale/bloemfontein/bloemfontein/free-state/9643/104929877
Wednesday, 8 March 2017
PSALM 50 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.
1933 Afrikaanse Bybelvertaling.
© SA Bybelgenootskap. Nuwe
Testamentiese Vertolking.
Psa 50:1 ‘n Psalm van Asaf. Die God van die gode, Die Bybel sê
in Mat 25:31
die
HERE, spreek en roep die aarde, En
wanneer die Seun van die mens
van die
opgang van die son af tot sy ondergang toe. in sy heerlikheid kom
Psa 50:2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, en al die heilige engele saam met Hom,
verskyn God in ligglans. dan
sal Hy op sy heerlike troon sit;
Psa 50:3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Mat 25:32 en voor Hom
Vuur
verteer voor sy aangesig, sal al die nasies versamel word
en
rondom Hom storm dit geweldig. en Hy sal hulle van mekaar afskei
Psa 50:4 Hy roep na die hemel daarbo, soos die herder die skape van die bokke
afskei;
en na
die aarde, om sy volk te oordeel: Mat 25:33 en
Hy sal die skape
Psa 50:5 Versamel my gunsgenote vir My, aan sy
regterhand
hulle wat my verbond by die offer sluit! en die
bokke aan sy linkerhand sit.
Psa 50:6 En—die hemele verkondig sy geregtigheid, Mat 25:34 Dan sal die Koning
want God staan gereed om te oordeel! Sela. vir die wat aan sy regterhand is,
Psa 50:7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; sê:
Kom, julle geseëndes
Israel,
dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God! van my Vader, beërf die koninkryk
Psa 50:8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, wat vir julle berei is
en jou
brandoffers is altyddeur voor My. van
die grondlegging van die wêreld af.
Psa 50:9 Ek hoef uit jou huis geen stier Mat 25:35 Want
Ek het honger gehad,
te neem of bokke uit jou krale nie; en julle het My te ete gegee;
Psa 50:10 want al die wilde diere van die bos is myne, Ek
het dors gehad,
die vee
op berge by duisende. en
julle het My te drinke gegee;
Psa 50:11 Ek ken al die voëls van die berge, Ek was ‘n vreemdeling,
en wat roer op die veld, is van My. en julle het My herberg gegee;
Psa 50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; Mat 25:36 Ek was naak,
want die
wêreld is myne en sy volheid. en julle
het My geklee;
Psa 50:13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van
bokke drink? Ek was siek,
Psa 50:14 Offer dank aan God, en julle het My besoek;
en
betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; in
die gevangenis was Ek,
Psa 50:15 en roep My aan in die dag van benoudheid: en julle het na My gekom.
Ek sal
jou uithelp, en jy moet My eer. Mat 25:37 Dan
sal die regverdiges Hom antwoord
Psa 50:16 Maar aan die goddelose sê God: en sê: Here, wanneer het ons U honger
gesien en Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou
mond— gevoed;
Psa 50:17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou
werp? of dors, en te drinke gegee?
Psa 50:18 As jy ‘n dief sien, dan geval dit jou by hom, Mat 25:38 En wanneer het ons U
en jou deel is met die egbrekers. ‘n vreemdeling gesien,
Psa 50:19 Jou mond laat jy los in boosheid, en herberg gegee; of naak, en geklee?
en jou
tong vleg bedrog. Mat 25:39 En
wanneer het ons U
Psa 50:20 Jy sit en praat teen jou broer, siek gesien of in die gevangenis,
die seun van jou moeder beskimp jy. en na U gekom?
Psa 50:21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Mat 25:40 En die Koning
Jy dink
Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. sal antwoord
Psa 50:22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle,
sodat Ek
nie verskeur sonder dat iemand red nie. vir
sover julle dit gedoen het aan een van die
Psa 50:23 Die een wat dank offer, eer My; geringstes van hierdie broeders van My,
en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat
geniet. het julle dit aan My gedoen.
Subscribe to:
Posts (Atom)