Friday, 22 April 2016

In my ouers se huis was daar ‘n groot geraamde teks:


In my ouers se huis was daar ‘n groot geraamde teks:

http://www.seker.co.za/Pages.aspx?TID=127

Tuesday, 19 April 2016

500 SKUDDINGS TREF KUMAMOTO


Intussen het meer as 500 skuddings Kumamoto getref en die nood verdiep.
http://www.seker.co.za/Pages.aspx?TID=124

RASSEKAART...


Rassekaart

aan fle nt e rs

en in vlamme

http://www.seker.co.za/Default.aspx

Monday, 18 April 2016

PSALM 141: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 141:  NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

Gebed om bewaar te bly van verleiding               God en my mond.

en vervolging.

 Psa 141:1  ‘n Psalm van Dawid.

HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; Afgode het geen mond, hulle is buiksprekers van hulle makers, maar U, o God,

luister na my stem as ek U aanroep. Vader van onse Here Jesus Christus, U is ‘n sprekende God, daarom is U uniek en ‘n enige wese.

Psa 141:2  Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, U as Skeppergod

die opheffing van my hande soos die aandoffer. het ons, as beeldraers, gemaak, om met U te praat: die oorsprong van ons kommunikasie, kom net van U,

want sou ons U aan die woord stel, en U moet ons napraat,

dan is ons besig met afgodery.

Psa 141:3  HERE, stel ‘n wag voor my mond, Jesus Here, U het gesê: “wat uit die mond uitgaan,

bewaar die deur van my lippe. maak ‘n mens onrein, maar nie dit wat deur die mond

ingeneem word nie.” Nou bid ons vir die filtrering van ons gedagtes,

sodat rein en suiwer woorde deur ons gebesig sal word.

Psa 141:4  Neig my hart nie tot iets wat sleg is, Magtige God, ons bid dat U, die volle beheer

om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne van ons beheersenrum in ons gemoed, sal oorneem,

wat ongeregtigheid werk nie; maar dat ons medeverantwoordelikheid sal aanvaar

en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. vir dit wat ons dink, doen en beplan:

ons bid dat ons ons vingers ferm op ons eie gedagtekontoles sal hou,

sodat God deur ons met sagtheid en styl sal praat.

Psa 141:5  Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig As ons die erns van ons woorde besef

—hoofsalf sal my hoof nie weier nie; dan staan ons verleë voor U, o God,

want nog is my gebed teen hulle booshede. want ons het so dikwels, ons naaste se menswaardigheid gekrenk, deur ons onvanpaste taal. Ons bely ons woordesondes

wat deur ons mond gepleeg is. Dit is nie ons enigste sondes nie,

maar ons bepaal ons by die mondelinge sondes, sonder om die ander kwaad wat ons doen, te ontken. Ons wil eerder alle sondes teenoor U en ons naaste bely,

om so op die wyse tot versoening te kom.

Psa 141:6  As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, As mense emosioneel en andersins mishandel word,

dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is. dan moet ons optree, deur te sê:

“Staak dit onmiddellik, dit is teen God en sy gebod.”  Ons moet alle slagoffers wat onmenslik behandel word, woordeliks en daadwerklik, bystaan.

Psa 141:7  Soos ‘n mens in die aarde vore en skeure trek, Soos die een geslag kom, en die ander gaan,

is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk. so mag ons nie vergeet dat die lewe kosbaar is nie: die lewe is nie een stuk duisternis nie,

maar ‘n unieke geleentheid om woorde van skoonheid

en bemoediging aan almal op hulle lewensweg oor te dra.

Psa 141:8  Want op U is my oë, HERE Here; Net op U, Here Jesus, kan ek staatmaak,

by U skuil ek: giet my siel nie uit nie! want ek tree heel dikwels impulsief op,

sonder nadenke oor dit wat ek wil sê: die gevolge daarvan is dus, ‘n gevoel van misnoeë oor my swak gedrag, asook die oneer wat ek U aandoen, deur my laakbare woorde wat ek

vir my naaste gesê het.

Psa 141:9  Bewaar my vir die mag van die vangnet Beskerm my teen myself, Here Jesus,

van die wat vir my strikke stel, bewaar my van onverantwoordelike optrede,

 en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid. want dit kan woorde van vernietiging bevat.

Psa 141:10  Laat die goddelose in hulle vangkuile val, Laat ek woorde van goeie smaak besig,

 almal saam, terwyl ék verbygaan! sodat my mond in U diens sal staan.

 

Wednesday, 13 April 2016

“VERBLY JOU IN DIE HERE….”


 

“VERBLY JOU IN DIE HERE….”

http://www.seker.co.za/Pages.aspx?TID=127

Tuesday, 12 April 2016

PSALM 90: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 90: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

Verganklikheid van die mens.                           God die ewige.

Psa 90:1  ‘n Gebed van Moses, die man van God. Here Jesus, U is God,

Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag. want U is daar vanaf alle tye,

                                                    dog U is egter, ‘n redder en ‘n beskermer, vir ons almal.

 Psa 90:2  Voordat die berge gebore was Voor daar iets was,

en U die aarde en die wêreld voortgebring het, het U reeds bestaan. Trouens U was betrokke,

 ja, van ewigheid tot ewigheid is U God. by die skeppingsgebeure, omdat U ‘n ewige God is.

Psa 90:3  U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Die mens daarenteen is stoflik,

Keer terug, o mensekinders! gemaak van rooi landbougrond, en op U bevel, keer ons terug na

                                                         ons basiese bestandeel.

Psa 90:4  Want duisend jaar is in u oë soos die dag Die millennia kom en die millennia gaan,

van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak. maar vir U tydsbegrip, is dit soos ‘n dag wat                      verby is: vir ons is dit onvoorstelbaar.

Psa 90:5  Weggespoel het U hulle; Op U bevel breek ons sterwens-oomblik aan,

hulle word ‘n slaap; maar U het die verganklikheid vernietig deur U opstanding,

sodat ons einde ‘n nuwe begin word.

in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit: Alhoewel ons lewensloop verwelk soos die van ‘n blom, is die wederkoms ‘n nuwe kelk wat ontvou,

Psa 90:6  in die môre bloei dit en spruit weer uit; op die oomblik dat ons dit nie verwag nie,

in die aand sny ‘n mens dit af, en dit verdor. want as U weer op die sneeuwit wolke verskyn,

                                                     is die nuwe hemel en die nuwe aarde in sy volle glorie hier.

Psa 90:7  Want ons vergaan deur u toorn, ‘n Jubelende kantate styg op uit die stof,

 en deur u grimmigheid word ons verskrik. want U genadige dag het aangebreek.

Psa 90:8  U stel ons ongeregtighede voor U, Jesus spreek ons vry, want sy bloed

         het toendertyd,

ons verborge sondes in die lig van u aangesig. het die splinterhout van die kruis, so rooi gekleur, dat almal swyend net kon dink: daar was geen kruis ooit so rooi.

Psa 90:9  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, Onder God se liefde, is daar die sekere wete,

 ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte. dat daar ongekende vreugde en vrede,

by die Wederkoms gaan wees.

Psa 90:10  Die dae van ons jare— Ons is bevoorreg as U aan ons ‘n lang lewe op aarde skenk,

daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; al word ons selfs tagtig, dan bly ons aan U goedheid gedenk,

en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; terwyl ons daagliks ons aardse spanning en frustrasies hanteer.

 want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. Inderdaad is die lewe van korte duur.

Psa 90:11  Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, Hoe bevoorreg is ons nie!

ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is? Hoe is ons van die sware straf op ons sondes deur Jesus gespaar!

Psa 90:12  Leer ons om ons dae so te tel Al weet ons van die eindelose vreugde wat wag,

dat ons ‘n wyse hart mag bekom! bid ons nou om insig, en daadwerklike gedragsaanpassings

wat net U, in ons en deur ons en met ons, wil bewerk.

Psa 90:13  Keer terug, HERE! Tot hoe lank? Alhoewel veranderings aan ou gewoontes uiters moeilik is,

 En ontferm U oor u knegte. is die volhardende pogings steeds uiters gewens.

Psa 90:14  Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, Gee aan ons die liefdesgesindheid wat daar in Christus is,

sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae. sodat ons daagliks in volwassewording sal groei.

Psa 90:15  Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, Here Jesus bevry ons van ons katastrofale gemoed,

na die jare waarin ons onheil gesien het. sodat ons vry en onbelemmerd, sonder kla en kommer, ons lewe kan geniet.

Psa 90:16  Laat u werk vir u knegte sigbaar word Laat ons in hierdie tyd aan U ewigheid bly dink,

en u heerlikheid oor hulle kinders. want net U, Jesus, laat ons deel word van die onverganklikheid.

Psa 90:17  En laat die lieflikheid van die HERE onse God Ons weet dat Jesus lewe,

oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, daarom hou U U handewerk in stand.

 ja, die werk van ons hande, bevestig dit! In U hand is almal en alles geborge, en bestand teen algehele vernietiging. 

Monday, 11 April 2016

“Laat hom aanneem


“Laat hom aanneem

... want hy het goeie kos nodig.”

 

Om die verhaal op ons webblad te lees, gaan na seker.co.za.

 

 

Hier is ‘n verhaal en ‘n Skrifwoord wat tientalle sake in elkeen van ons aanspreek. Dit is ‘n storie wat emosies in ons ontlok, ons by selfondersoek bring en ons oë oopmaak.  Dit is die storie van ‘n opvreetbare klein seuntjie wat al meer in sy kort lewetjie gely het en meer keer by die poorte van die dood omgedraai het as baie van ons in ons hele lewe.  Dit is ‘n storie wat ons direk Bybel toe neem, en met ons eie lewe en eie keuses voor God laat staan.

Gister, dink ek, het ek die dieptepunt van kommer en nood beleef.

 

Die storie van ‘n klein seuntjie

Klein Happiness, die babaseuntjie van ‘n jong, diep gelowige Zimbabwiese ouerpaar,  is terug in saal 10 B, Universitas hospitaal, Bloemfontein. Hy is met spina bifida gebore en het ‘n suksesvolle rekonstruktiewe operasie daarvoor ondergaan.  Om breinvog uit sy koppie te dreineer, het hy ook ‘n dreineringsbuis, die sg. shunt, gekry. Die dreineringsbuis gee nog probleme; dit het verstop geraak, infeksie het gevolg, Happiness was baie siek, is beter, en wag in die hospitaal op ‘n volgende operasie met die oog op ‘n nuwe shunt.

Happiness het helder ogies, reageer opgewonde op mense wat met hom praat, maak high five’s met die handjie, woel en beweeg in die bababedjie rond en lê tans met toegeplakte handjies, omdat hy die tydelike dreineringsbuis uit sy brein maar net nie met rus kan laat nie. Dié storie, dat sy handjies toegeplak moes word, laat hom huil van frustrasie.

Omtrent tien van ons Andrew Murray gemeentelede was ure na Happiness se geboorte by sy ouers gewees.  Hulle was hartseer en geskok oor hulle kindjie se gestremdheid. Hoe het hulle nie vir ‘n nuwe baba in hulle lewe gebid nie, veral na die dood van hulle tweejarige dogtertjie in Zimbabwe. Sy was kritiek siek, die ambulans het nie betyds opgedaag nie, en sy het gesterf.

Ure na Happiness se geboorte het die Here ons dit op die hart gelê om Joh 9:1-3 vir sy ouers te lees:

Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was.

Sy dissipels vra Hom toe: "Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?"

En Jesus antwoord: "Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.

 

Johannes 9: 3 het die Here se  spesiale woord geword aan Happiness, sy ouers en ons wat hulle broers en susters in die Here geword het.

"Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar Happiness is met spina bifida gebore sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”

Ons het die werke wat God doen, die afgelope paar maande gesien: hoe dié ou seuntjie die een krisis na die ander oorleef. Hoe die beentjies wat onbruikbaar sou kon wees, skop. Hoe die mooiste ding denkbaar gebeur: Happiness woel in sy bababedjie rond, nes enige ander baba. Hy wil begin tande kry: hy eet enigiets, hy is honger en kos is vir hom so lekker.

Hoe lief is Happiness se ouers vir hom!  Patricia is dag en nag by hom wanneer hy in die hospitaal is. Snags slaap sy op ‘n stoel naby hom, nag na nag, en deesdae is die nagte koud in Bloemfontein.

Twee van ons neem om die beurt so teen laatmiddag vir Patricia iets om te eet, want aan ouers wat so by hulle kinders waak, kan die hospitaal nie etes voorsien nie. O, om die gesigte van ander wakende ouers van ander spina bifida-pasiëntjies dan te sien... Hoe wens ek dat ons elke middag vir al die ouers daar kos kon neem!

 

‘n Ouerpaar voor ‘n keuse

Gister skok Patricia my uit elke hoekie in my geriefsone.

“Ons was by die maatskaplike werker gewees,” sê sy. “Happiness needs good food, ahh, that one he can eat. He eats everything, boiled egg, porridge, milk, 1.5 liter every night, he finishes it. We asked the social worker: is it possible to apply for a grant for him?  For the food?”

Grants, het die maatskaplike werker gesê, is net vir S.A. burgers en hulle afhanklikes.  Sonder S.A. burgerskap kan daar nie ‘n toelae  aan Happiness toegestaan word nie.  Sy pa se werkspermit wat telkens hernu moet word, laat hom nie daarvoor kwalifiseer nie.  Daar is een ander opsie: om ‘n S.A. burger te vind wat Happiness wil aanneem. So sal die ou seuntjie dan vir ‘n toelae in aanmerking kan kom.

Patricia het my in die gelatenheid van radeloosheid en wanhoop aangekyk: “I said: if that is the only way, let us give Happiness up for adoption.  He needs good food.  But his father wouldn’t. He said no.”

 

Dit is nie net die ouers se keuse nie

Ons broer en suster in die Here staan gekonfronteer met die vreeslikste besluit denkbaar: om hulle geliefde seuntjie aan ander te gee, sodat hy genoeg sal hê om te eet.  Of om hom te hou, en God vir kos vir hom, vir voorsiening in sy baie behoeftes, te vertrou.

 

Dit is nie net die ouers se keuse nie, het ek besef. Wat vorentoe gaan gebeur, is die keuse van baie gelowiges.

Ellende of hulp, ‘n vol of leë plek in hierdie ouerpaar se huis, radeloosheid of hoop in die gemeenskap, is gewis en seker ook die keuse van ander Christene.  

 

Patricia, het ek vir sy ma gesê, Marguerite in ons gemeente het gister die fondasie vir ‘n woonplek vir julle gesinnetjie by ons gemeente se sorg-huise laat begin gooi. Sy doen dit uit haar eie sak. Julle gaan gratis daar woon; Gibson moet net instandhoudingswerk op die terrein doen in ruil vir julle verblyf. Ons ander sal bly gee wat ons het om te gee. Julle sal sien: dag na dag sal die God vir Wie julle en ons dien, voorsien.

 

Wat sê God wanneer dit so gaan?

Ek was steeds geskok nadat Patricia en ek buite voor die hospitaal van mekaar afskeid geneem het.

Wat sê God wanneer dit so gaan?

Toe laat die Gees my dink aan wat die HERE deur Jesaja aan die volk Israel gesê het. Wanneer dit só gaan, sê God:

 

Uit Jes 49: 13-23: 

Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die Here het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.

Sion sê: "Die Here het my verlaat, die Here het my vergeet."

Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer. Jy is nou nog net puinhoop en ruïne, 'n verwoeste plek...

So sê die Here God: Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe, onder die volke sal Ek my vaandel opsteek. Dan sal hulle jou seuns op die arm na jou toe bring, en jou dogters sal op die skouer aangedra word. Dan sal jy besef dat Ek die Here is; wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie.

 

Sê Hy dit dan nie ook vir Happiness se ouers nie?

Sê Hy dit nie ook vir ons, sy uitgebreide volk deur Jesus Christus, nie:

 

Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer... Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe, onder die volke sal Ek my vaandel opsteek. Dan sal jy besef dat Ek die Here is; wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie. — Jes 49: 15-16.

 

Wat moet ons vir mekaar sê wanneer dit so gaan?

Ek weet dat sommige van julle wat nou luister, ook swaar trek, dalk net so swaar soos Happiness se ouers. Of byna so swaar.

Die afgelope paar dae het die Here God deur ons betrokkenheid by die lewe van daardie klein seuntjie en sy Zimbabwiese ouers, iets onder ons aandag gebring. Julle moet nooit ophou om mekaar in hierdie moeilike tyd te bemoedig nie, het Hy vir ons gesê. Oor en oor moet julle as gelowiges dieselfde ding vir mekaar sê:

 

    Ps 103:13,17-18:   Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.  Onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte, vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom.

 

En:

 

Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek sal my hand uitstrek ... Dan sal jy besef dat Ek die Here is; wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie. — Jes 49: 15-16.

 

Is jý ook in ‘n noodsituasie waarin jy ‘n wanhopige skuif oorweeg en een of ander menslike oplossing probeer vind?

Hier is ‘n stel meervoudige keuse-vrae. Wat is jou besluit?

a.   Ek gaan die menslike oplossing probeer;

b.   Ek voel dat God my vergeet het; ek gaan Hom nie meer vertrou nie;

c.    Ek gaan met God se woorde aan my na Hom toe gaan en vir Hom sê: Here, U het dit gesê.

d.   Ek het moed verloor. Ek gee oor..?

 

Jou antwoord bepaal waarop alles wat jy nou deurmaak, gaan uitloop.

 

Wat bid die geloofsgemeenskap wanneer dit so gaan?

 

Ek het aan ons klein gemeente gedink, aan elkeen wat so graag vir Gibson, Patricia en Happiness wil help en bystaan.  Daar is min wat in groot huise woon, min wat nie elke sent omdraai nie.  Daar is min wat nie die dae na die volgende pensioendag tel en nie goed by die betaalpunt van die supermark terugsit nie.  Daar is min van ons gemeentelede wat nie swaar trek in moeilike tye nie.

Wat bid ‘n mens wanneer dinge só lyk? Wat sal jy teen die agtergrond wat pas aan jou uitgespel is, begin bid?  Kom ons maak dit ‘n veelvoudige keuse-vraag.  Dink jy dit is tyd om te bid:

a)       Vader, help Happiness se ouers om burgerskap te kry;

b)       Ons Vader wat in die hemel is, doen ‘n wonderwerk vir hulle;

c)       Vader, sorg vir hulle;

d)       Here, stroop mý van my begeerte om wat ek as myne beskou, te behou;

e)       Here, laat hulle tog reg besluit oor aanneming as opsie;

f)        Here, begin by my?

 

Die lewe van baie word deur die gebed van individuele lede van die geloofsgemeenskap geraak.