HUISBESOEK
IS DIE ANTWOORD OP SWAK KERKBYWONING EN KERKBETROKKENHEID.
Die
vraag is: waarom is kerkbywoning en kerkbetrokkenheid nie na wense nie? Hierdie
vraag is al in ons studentejare in die 70’s op Fakulteit behandel. In
Diakonologie of Praktiese Teologie het prof. Bethel Muller die “mens in die
stad” met ons behandel. Nederlandse Boeke soos: “wat vind uw van het
kerkdienst” en andere is behandel. Een saak was duidelik: kerkbywoning en
betrokkenheid in Europa en ook in SA was aan die taan. En wat is die antwoord? Destyds is gesê dat die preke aktueel moet
wees. ‘n Tweede antwoord was dat Huisbesoek kardinaal belangrik is. Prof Bethel
het toe gesê dat die NG Kerk in die depressiejare behoue gebly het, omdat die
predikante huisbesoek gedoen het en selfs onder sinkplate ingekruip het om
lidmate te besoek. So persoonlike kontak tussen Predikant en Lidmaat is
kardinaal belangrik. In my eerste gemeente was daar ‘n kollega wat gesê het: “’n
Predikant kan swak preek, maar as hy huisbesoek doen, kom die lidmate kerk toe
ten spyte van swak preke.” ‘n Ander Professor aan ‘n ander Ander Universiteit
het gesê dat as ‘n dominee huisbesoek doen dan kry hy darem ‘n “ pay back” besoek Sondae. Hierdie argumente is
betwisbaar, maar een ding is seker: huisbesoek is kardinaal belangrik, omdat
persoonlike kontak tussen Predikant en Lidmaat
wedersyds goed is. Hoe kan jy aktueel preek as jy nie die lidmate se
nood, vreugde en wense nie ken nie? Hoe kan lidmate ‘n Predikant met hulle probleme
vertrou as die Predikant ‘n vreemdeling
is? Menslike kontak in ons tegnologiese eeu kan nie net op Facebook plaasvind
nie. Dus huisbesoek is een kardinaal belangrike antwoord op swak kerkbywoning.
No comments:
Post a Comment