Tuesday 5 July 2016

FLUITERS


FLUITERS verdien ‘n veertjie. ‘n Veertjie in die hoed van Deon Opperman en sy hele span. Al die akteurs, die gesoutes en die jonges, was nommerpas, en het hulle rolle uitstaande vertolk. Wat ‘n heerlike Spioenasie-reeks met spanning, intrige en ’n ingewikkelde spanningslyn is ingebou. Met die slot-episode wou ons bly sit en sit om nog te kry. Die vorm waarin Fluiters gegiet is, was so bekend. Opperman het die huidige tydsgewrig se Staatsintelligensie so aaneen met die vorige bedeling se omstandighede laat loop  dat die gehoor presies geweet het wat aan die gebeur is.Die inhoud van FLUITERS was fiksie gebaseer op werklike gebeure van die verlede en die hede. Die Kernbom is fiksie, maar was ‘n werklikheid in die ou orde. Daarom is die Kernontwapening van SA in die werklikheid gedoen. Dit was ‘n goed beplande storie. Aan die einde, die laaste episode, het die finale ontknoping plaasgevind. Daar was ‘n mol in die Staat-struktuur en moontlik ‘n dubbel-agent, die skilder, wat sy telefoon in die gras weggooi en die terroriste met die bom elimineer. Dit is ‘n half oop einde, maar so ‘n feetjie-verhaal, liefdeseinde, toe die FLUITERS weer almal lewend ontmoet. Opperman het sy navorsing gedoen. Baie baie geluk aan hom en sy span asook KykNet vir die beeldsending.    

No comments:

Post a Comment