Saturday 23 July 2016

BRUGPREDIKANT


Dr. Howard du Toit se Boekie, die wins van Brugbediening, is interessant en nodig vir die tyd waarin ons is. Hy het dit gemaklik samgestel, en dit lees vloeiend. Die Afrikaanse kerk in SA gaan deur ‘n stroomversnelling. Demografiese verskuiwings en ander faktore be-invloed die kerk. Net kantaantekeninge: Donkiejare gelede het prof. Willie Jonker vir ons, as studente, op sy kenmerkende wyse gesê: wel, menere, die Aufklarung gaan ons inhaal.  Hy het pas uit Nederland gekom waar hy aan Kampen doseer het en die winde van verandering reeds daar aangevoel. Aan die anderkant in dieselfde jare het prof. Bethel Muller gesê dat die NG Kerk die depressiejare oorleef het asg van predikante wat onder sinkplate ingekruip het en persoonlike kontak met lidmate behou het. Die vraagstuk van die selfstandigheid van die kerk  is deur prof Nico Smith aangespreek in Sendingwetenskap. Hy het prof David Bosch aangehaal wat gesê het die kerk is Christusstandig. Vir my was die teologiese opmerking korrek.

In die Boekie is die positiewe uitgangspunt naamlik groei belangrik binne die konteks waar ‘n Brugpredikant benodig word. ‘n Pigo-analise van die gemeente waarin ‘n Brugpredikant optree, is essensieël. Die term omspan al die emosionele kragte in ‘n bepaalde gemeente waar die bediening nodig blyk te wees. Ek stem saam met Loren Meads se “dialogiese spanmodel” asook ‘n openheid van die Brugpredikant, sodat die dinamika van ‘n gemeente los kan kom om self verantwoordelikheid te neem vir hulle lot. Geduld en ‘n spanninglose verhouding tussen Brugpredikant en die gemeente behoort te help om die begeleiding te doen. Dit was heerlik om die Boekie te lees.

No comments:

Post a Comment