Net dankbaarheid vandag on my mind. Dankie, liewe FB vriende/vriendinne vir al die gebede wat in hierdie tyd vir Danila en ons drie Liebenberg-kleindogters opgegaan het. Elkeen van daardie gebede het by die Allerhoogste God uitgekom en is verhoor. Op die dag van Otto se begrafnis het die Here vir elkeen van hulle alles en almal voorsien wat hulle nodig gehad het. Sy grootste geskenk is die sekerheid in ons almal hier dat Christus die lewe hier en anderkant die dood is.
Die g...erespekteerde professor onder wie se toesig en strenge mentorskap ek aan die Toeligtingsbybel in Afrikaans werk, stuur eergister vir my dié boodskap uit Paulus se brief aan die Korintiërs: As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, is ons die ellendigste van alle mense. Ook hy het Vrydag 'n kosbare familielid aan die dood verloor, Maandag nog iemand in sy familiekring.
Ellende, herontdek 'n mens inderdaad in tye soos dié, is om slegs te hoop dat die Here dinge hierlangs (verkieslik baie gou) sal regmaak. Dat verlossing uit swaarkry iets soos 'n skeppingswoord oor ons aardse bestaan sal wees: Laat daar lig wees, en daar was lig. Die sieke staan op van sy siekbed af, vir almal is dit business as usual.
Dankie, Prof, vir die waarheid uit die Woord van die Waarheid. Vir niemand in Otto se hele familiekring is dit business as usual nie. Maar vanoggend kyk en en Hennie verbaas na die splinternuwe lewe wat verlede nag ontspruit het uit die stam van die suurlemoenboompie wat Otto en Danila in Junie vir ons as suurlemoenfanatici gegee het.
So broos, so klein is die blaartjies, so onverwags.
Nog iets wat die God wat waak oor wat Syne is, voorsien het.
Daar is lig uit die hemelruim/hemel op die blaartjies van nuwe groei
Maretha Maartens
Wednesday, 28 September 2016
PSALM 8 VERS 2
Saturday, 24 September 2016
Kanker eis geliefde kultuurman van Bloemfontein: Otto Liebenberg.
Kanker
eis geliefde kultuurman van Bloemfontein: Otto Liebenberg.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/kanker-eis-geliefde-kultuurman-van-bloemfontein-20160924-2
Wednesday, 21 September 2016
HANNA
Hanna | Fiksie
deur Maretha Maartens.
Lux Verbi
Hanna is kinderloos. Haar man
moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en
ná nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die
ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende
verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met
Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van God sodat Hy haar lamp weer
aansteek en die donker verdryf?
http://www.nb.co.za/Books/19718
Tuesday, 20 September 2016
AKADEMIA LANDSWYD
Akademia in 2017
so te sê landswyd
Akademia
van Suid tot Noord
Met nuwe studiesentrums in die Paarl,
Bloemfontein en George is Akademia se eersteklas hoëronderwys in 2017 nou so
goed as landswyd beskikbaar. Dié uitbreidings kom naas bestaande sentrums naby
Kaapstad en toevoegings in Gauteng.
Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê Akademia
is trots om nou binne bereik van die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes
te wees: “Vir die eerste keer sal Akademia, met ‘n totaal van elf
studiesentrums, nou binne ‘n radius van slegs tientalle kilometers van meeste
Afrikaanssprekendes wees.”
Lees verder en BRON en aanhaling uit http://akademia.ac.za/akademia-2017-te-se-landswyd/
Saturday, 3 September 2016
Der gekreuzigte Gott
Het Jürgen Moltmann in sy boek, Der
gekreuzigte Gott, Maarten Luther se monoteïsme, en die Modalisties Monargistiese,
Patripassianisme gevolg?
Subscribe to:
Posts (Atom)