Monday 27 June 2016

HOOP VIR DIE KERK!


Ek wil graag my kollega, ds Delmarie Viljoen, gelukwens met haar bedieningstyl in die Springfontein-gemeente van die Vrystaat. Sy het voorwaar iets reg gekry wat ‘n mens hoop gee vir die kerk. As jong kollega bied sy ‘n Afrikaanse diens met ‘n Engelse opsomming van haar preek inter-kerklik aan. Al die verskillende kerke se lidmate is daar en natuurlik ook die VGK. Op Gariepdam is die VGK so deel van die NG Kerk dat dit ‘n vreugde is om dit te ervaar. Ek los haar Sondae op die oomblik af met die eredienste en is dit een loutere plesier om almal so te ervaar. Om ook die erediens tweetalig aan te bied sonder dat een van die kulturele groepe uitgesluit word, is heerlik. Tee tyd praat ons in Afrikaans en Engels, en drink ons bossies en Engelse tee, en eet ons koeksusters en Engelse muffins.  Die jong klomp dominees doen dinge reg. Natuurlik het sy op Maties geswot! Ek moet darem spog met my ou alma mater.   

No comments:

Post a Comment