Ek wil graag
my kollega, ds Delmarie Viljoen, gelukwens met haar bedieningstyl in die Springfontein-gemeente
van die Vrystaat. Sy het voorwaar iets reg gekry wat ‘n mens hoop gee vir die
kerk. As jong kollega bied sy ‘n Afrikaanse diens met ‘n Engelse opsomming van
haar preek inter-kerklik aan. Al die verskillende kerke se lidmate is daar en
natuurlik ook die VGK. Op Gariepdam is die VGK so deel van die NG Kerk dat dit ‘n
vreugde is om dit te ervaar. Ek los haar Sondae op die oomblik af met die
eredienste en is dit een loutere plesier om almal so te ervaar. Om ook die
erediens tweetalig aan te bied sonder dat een van die kulturele groepe
uitgesluit word, is heerlik. Tee tyd praat ons in Afrikaans en Engels, en drink
ons bossies en Engelse tee, en eet ons koeksusters en Engelse muffins. Die jong klomp dominees doen dinge reg. Natuurlik
het sy op Maties geswot! Ek moet darem spog met my ou alma mater.
Monday, 27 June 2016
Saturday, 25 June 2016
JA, VIR PROF HERMAN GUILLOMEE!
Ja, vir
Prof. Herman Guillomee se opmerking oor RSG vanoggend. Hy sê na aanleiding van
die US se taalbeleid dat ons nou eie onderwysinrigtings, skole en
Universiteite, op die been moet kry. In die Noorde is die embrio daar by
Akademia. As hulle UP se naam wil verander na Tswane dan vat ons die naam Pretoria
terug na ons instellings. Ons 65+ wil Brexit van die Staat se Onderwysinstellings.
Net soos die Brits voel ons ons het ‘n ryke tradisie. Ons gun die jeug om te
kies in watter taal hulle onderrig wil word, maar wil vir die wat in Afrikaans studeer
die geleentheid gun. Dit is Afrikaans, in sy breë skakering, sonder grense,
sonder ideologie, sonder politiek, net die taal, net die morfologie en die
fonetiek. Staan ons op die trumpel van nog ‘n 7de Taalbeweging?
Wednesday, 22 June 2016
AFRIKAANS LEWE!
AFRIKAANS
LEWE! Die koerante se beriggewing oor die UP se skrapping van Afrikaans as
oderrigtaal is negatief, passief depressief en kommerwekkend. Plaas Afrikaans.com
op die voorblad as antwoord. Kry ‘n predikatiewe en pro-aktiewe berig op. Neem
die voortou Koerante, en begin ‘n Reddingsdaaadbond oor Afrikaans in die hele
Onderwys-sisteem. Kry alle rolspelers van die linkerkant tot die regterkant
afgesien van kleur ens. wat oor innerlike oortuiging saamstem dat Afrikaans as
onderrigtaal moet voortgaan, byeen en begin met ‘n plan van aksie. Ons het al
Akademia wat na Pretoria Afrikaanse Universiteit herdoop kan word. Ons het die
internet vir e-learning, ons het die TV vir daaglikse Universiteitsuitsendings.
Ons het genoeg dosente wat ‘n hele Afrikaanse Universiteit kan beman. Ons het
Prof T. Eloff wat die Rektor kan wees. Al wat ons nou nodig het, is ‘n
positiewe aksie. Die jeug ervaar ons negatiewe opmerkings as irrelevant. Ons ou
Ooms benadering sit hulle in die bed en maak hulle net apaties. Los hofsake en
moenie geld daarmee mors nie. Skenk dit vir Akademia. Vergeet die grondwet. Die
Sunday Times het al op 9 Januarie 1966 in ‘n hoofartikel geskryf: “that no
constitution can ever provide permanent safeguards against future change..” Kom
ons beweeg weg van ‘n slawe mentaliteit wat weg beweeg van die staat en staan
nou ‘n slag op ons eie bene. Al is dr.
DF Malan deur I Kant in sommige van sy uitsprake be-invloed, kan ons nogtans
vandag weer vra: Quo Vadis?
Subscribe to:
Posts (Atom)