Monday 1 January 2018

2018

Niemand kan met akkuraatheid die toekoms voorspel nie. Dog,  daar is Toekomskundige wat met sekere hedendaagse feite en modelle werk om 'n hipotetiese bepaling van 2018 te maak.
Op een van die Nuuskanale is daar diegene wat beweer dat die Westerse beskawing net soos ander beskawings besig is om die swanesang te sing. Hy beweer op grond van die feit dat die Romeinse beskawing en ander tot 'n val gekom het, sal die Westerse een ook tot sy einde sal kom.
Ons praat nie nou van eindes nie, maar van die begin van 2018. Die gebeure van 2017 sal sekerlik  nagevolge vir 2018 inhou. Twee gebeure plaaslik, is die Leierskap van die ANC en die Steinhoff aangeleentheid, wat seker in 2018 gaan uitspeel. Wat dit presies gaan behels, is onvoorspelbaar.  Elkeen van ons het 'n eie voorveronderstelling wat ons visie vir 2018 is. Is dit negatief, positief of gebalanseerd?  Die ou Griekse filisowe het gese dat as 'n mens nie krities na jou voorveronderstelling kyk nie, kan jy nie behoorlik lewe nie. Degenaar op Stellenbosch was in die vorige eeu nie gewild nie omdat hy Sokrates se kritiese vraagstelling be-oefen het. Nico Smith het in ons klas op Teologiese Fakulteit gese dat ons nie ons wickets moet verdedig nie, maar toelaat dat ons voorveronderstellings uitgeboul word. So kom ons kyk krities na ons eie opinie oor 2018. Het dit balans?

No comments:

Post a Comment