‘n Gesprek tussen ‘n gelowige wat die lewe nie meer verstaan nie en sy
God
Izak de Villiers het ‘n interessante titel aan een van sy
digbundels gegee: VERVREEMDELING. In dié titel hoor ‘n mens iets van uit-wees,
disoriëntasie, die gevoel van uitsluiting, alleenheid, onbegrip, groeiende
ontnugtering, verwese voel. Die digter
voel soos ‘n vreemdeling in die gemeenskap, kerk, die wêreld van besige,
gewone, jonger, selfversekerde mense. Hy
voel vervreemd, onbegrypend, soos iemand wat nie inpas nie. Hy, ‘n baie slim
teoloog, skrywer, eks-tydskrif- en koerantredakteur, voel asof hy minder en
minder van die lewe verstaan.
Was jy al op ‘n plek in jou lewe waar jy eintlik niks
meer verstaan nie?
Verder: was jy al op die plek van noodkrete?
Dawid was daar gewees, toe skryf hy Psalm 17. Psalm 17
sou perfek in Izak de Villiers se digbundel, VERVREEMDELING, ingepas het.
Kom ons lees dit, met so hier en daar ‘n stukkie
toeligting tussen hakies. Kyk en luister
spesifiek vir een woord in die psalm: die woord “oogappel.” Merk dit, hou dit
in gedagte, want ná die lees van Dawid se beskrywing van ‘n vervreemdeling (‘n
onbegrypende gelowige), gaan ons weer by die woord ”oogappel” uitkom.
Psalm 17
'n Gebed van Dawid.
Luister tog, Here (Jahwe, EK IS, die Ewige, God van Israel en die verbond), na
my regverdige saak, let op my hulpgeroep.
Hoor tog die gebed
wat ek in alle opregtheid bid. U
sal (as Regter) uitspraak lewer in my
guns: u oë sien immers self wat reg is.
As U my sou toets, my
selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U (as Regter) niks
verkeerds (geen waarheid in my teëstanders se aantygings) vind nie. Oor die
doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie (het ek my van kwaadpraat
weerhou): ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers
wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. (Ek het nie die
praktyke beoefen, voorbeeld gevolg van mense wat verwoes en vernietig nie.)
Ek roep U aan, want U
sal my antwoord, my God! Luister tog (Buig af) na my en hoor wat ek sê. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat
vir hulle vyande by U skuil.
Ps 17:8-9, ANV. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my
weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die
doodsvyande wat my omsingel.
Ps 17:8-9, NLV (CUM),
Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10;
Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4;
Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
Ps 17:10-15
Sonder enige meegevoel, met monde wat
aanmatigende dinge sê, omsingel hulle my
waar ek ook gaan. Hulle soek my ondergang. Hulle is soos leeus,
oorgehaal om te verskeur, soos jong leeus wat iets voorlê.
Kom tog, Here, staan
hulle voor, dwing hulle op die knieë. Red my met u swaard uit die mag van die
goddeloses, met u eie hand, Here, van
hierdie mense. Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af; laat hulle hulle
vol eet aan die onheil wat U vir hulle gereed hou; laat daar oorgenoeg wees vir
hulle kinders en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.
Maar wat my betref, omdat die reg aan my kant
is, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word (uit die dood), sal ek my
verbly in u teenwoordigheid.
HOE LYK ‘N OOGAPPEL?
In Ps 17:8-9 bid Dawid dat die Here iets baie spesifieks
vir hom moet doen:
Ps 17:8-9, ANV. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my
weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die
doodsvyande wat my omsingel.
Ps 17:8-9, NLV (CUM),
Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10;
Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4;
Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
Wat sou jy doen as ek jou so vra om jou oogappel te
beskerm?
Jy sou ‘n oogskut opsit, ‘n beskermende bril dra, soos
iemand wat bosse met ‘n meganiese bossiesnywer snoei of uitsny. Soos iemand wat sweis of ‘n brand gaan help
blus.
In Hebreeus verwys die term “oogappel” nie hierna nie.
Mat 7:7-11
Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en
julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,
want elkeen wat vra,
ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Watter mens onder
julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra?
As julle wat sleg is,
dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle
Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
Vra, klein figuurtjie in God se oë.
Hy kyk vir jou, Hy sien jou raak asof jy die enigste mens
op aarde is vir wie Hy kyk.
Hy sal jou help.