Tuesday 29 May 2018

1918 DIE ASB JAAR VAN DIE AFRIKANER.

1918 DIE ASB JAAR VAN DIE AFRIKANER.
Gedurende die jaar, 1918, het 'n groep Afrikaners besluit om die volgende te doen. Dit is die jaar dat die volgende gebeur het:
Stigting van die A is AVBOB in Bloemfontein. Die Middellanders, die Vrystaters het blykbaar die nood van die Families van die Afgestorwenes aangevoel.
Stigting van die S is Santam in Kaapstad. Die Suidlanders, die Kolonialers,  is met die Kaap van Storms gekonfronteer. Hulle moes hulle verseker teen die storms.
Stigting van die B is die Broederbond in Braamfontein, Johannesburg. Die Noordlanders, Gautengers,  het die  minagting en verguising ondervind van die Britse Rykes en het nie poste in die Spoorwee gekry nie.
Bogenoemde apriori is op gevoelswaarde gegrond. Desondanks die eensydigheid kan die affektiewe moontlik 'n onbewuste rol gespeel het.