Monday 7 March 2016

KYKNET& KIE: 'n Lewe met .. is uitstekend.


KYKNET: ‘n Lewe met… is uistekend.

Sondagaand op Kyknet en Kie is daar ‘n program wat aan te beveel is. Dit is:  ‘n Lewe met.. ‘n Psigiater dr. “Franco Colin praat met mense wat daagliks moet saamleef met die uitdagings wat gebied word deur toestande wat vir die meeste van ons moeilik is om te verstaan.” Hy het gisteraand die 6 Maart ‘n uitstekende lesing oor manlike testosteroon in samewerking met Prof Riana Borman aangebied. Dit was onthitsend, maar ook onthullend en bevrydend om hierdie inligting te ontvang. Dit gee selfinsig vir manne. Dit is onthullend, want die manlike hormooon se sterk en swaktye kom is ouderdomsfases voor. Dit is bepalend vir manlike gedrag. Dit gee insig waarom daar sekere afwykings voorkom. Hoe ouer ‘n man word, hoe ge-irriteerd, depressiewe toestande en aggressiewe gedrag word veroorsaak weens die tekort aan die manlike hormoon.

Dit lyk my dat 2 soorte handelinge nodig is om die negatiewe uitwerking hiervan te beperk en dit is: oefening en die regte voedselinname.

Die beste raad is, spreek ‘n gesaghebbende op die gebied.

Maar kyk gerus na die betekenisvolle praatjie. Dit spreek ‘n verskeidenheid sake aan.

No comments:

Post a Comment